Onderneming in die kollig: Chocnotes

25/06/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Untitled-1

Hierdie week se kollig is op Chocnotes in Namibië, Zimbabwe, Eswatini, Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Chocnotes is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Chocnotes

Chocnotes, wat in 2017 gestig is, streef daarna om enige geleentheid onvergeetlik te maak. Ons reeks pasgemaakte produkte voeg daardie persoonlike stempel by en sal jou spesiale geleentheid soet maak.

Chocnotes is ’n klein onderneming met ’n groot hart. Ons waardeer AL ons kliënte en sal ons uiterste bes doen om voort te gaan om uitstekende kliëntediens te lewer terwyl ons produkte van uitstaande gehalte verskaf. Omdat ons ’n span mense het wat aan ons bestellings werk, het ons gewoonlik ’n vinnige omkeertyd op bestellings.

Chocnotes het in Gauteng, Suid-Afrika begin en word tans in vyf lande in die suidelike halfrond bedryf. Dit sluit Namibië, Zimbabwe, Eswatini, Suid-Afrika en Nieu-Seeland in.

Ons kan amper enige sjokolade/lekker/item toedraai. Vra ons asseblief vir ’n kwotasie.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Chocnotes

Klik hier om Chocnotes se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Chocnotes op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Lees ook: Onderneming in die Kollig: New Image Joinery Ltd

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels