Onderneming in die kollig: Netvleish Meat Club

08/07/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
OIK-banier

Hierdie week se kollig is op Netvleish Meat Club in Kanada. Netvleish Meat Club is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Netvleish Meat Club

Netvleish doen goed hier op ons plasie, geleë tussen Dawson Creek en Fort St. John in BC, Kanada. Ons topgehalte- Suid-Afrikaanse vars en droëvleisprodukte hou ons klante aan die kou! Ons is ’n familie-onderneming, waar klante vriende word en uiteindelik deel van ons groter SAFFA-familie word. So, jy het ’n oom op ’n plaas in Kanada!

Ons sorg nie net dat SAFFAS hier van die beste biltong, droëwors, cabanossi, rissiehappies en blatjangstokkies voorsien word sodat hulle proviand vir die volgende rugbykuier het nie, maar ons verskaf ook aan SAFFAS genoeg om te kan braai, soos ons oorspronklike Kromdraai-boerewors, die wonderlikste basaarsosaties, geurige kaaswors, alombekende chakalakawors en die allerbeste kasegrillers in die hele wêreld.

Ons hanteer elke stukkie vleis asof dit vir iemand is wat ons as ’n potensiële vriend beskou en wat deel van ons groot familie kan word. Ons maak nie net eenvoudig nog ’n stuk biltong nie, ons bou ’n bietjie liefde daarby in. Vir ons is elke produk wat by ons deur uitgaan ’n uitnodigingskaartjie met die woorde, “Jy is welkom in dié familie”. Daarom bied die Gauché’s ook elke jaar die Netvleish-boerefees hier by ons op die plaas aan. Dit is ons dankiesêgeleentheid waar ons iedere en ’n elk gratis trakteer op die beste vleis, pap en sous in Kanada.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Netvleish Meat Club

Klik hier om Netvleish Meat Club se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Netvleish Meat Club op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Lees ook: Onderneming in die Kollig: Chocnotes

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels