Onderneming in die kollig: Lions Creek Moose Jaw 

16/07/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Lions Creek Moose Jaw 

Hierdie week se kollig is op Lions Creek Moose Jaw in Saskatchewan, Kanada. Lions Creek Moose Jawis gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor Lions Creek Moose Jaw 

Lions Creek is ’n Kanadese maatskappy wat olyfolie en balsamiese asyn vervaardig met hul spogwinkel in die historiese middestad van Moose Jaw, Saskatchewan. Ons ekstrasuiwer olyfolie word gemaak van uitstekende olywe van Suid-Afrika en ons balsamiese asyn word van Modena, Italië ingevoer en oor die hele wêreld afgelewer.

Lions Creek Extra Virgin Olive Oil van Suid-Afrika:

Die Karoodorpie Leeu-Gamka in die Wes-Kaap is gevestig by die sameloop van twee riviere wat onderskeidelik in Afrikaans en Khoisan na die leeu vernoem is: die Leeurivier en Gamkarivier. Dit is van hierdie lewensonderhoudende bron en die natuur se fierste roofdier wat vroeër hierdie dele bewandel het dat Lions Creek sy naam kry, en sy uitstekende ekstrasuiwer olyfolie is met hul blywende karakter deurdrenk. Verbeter jou kos met die outentieke geurinfusie en vier die lewe en gesondheid.

Lions Creek Balsamic Vinegar van Modena:

Die natuurlike vennoot vir ekstrasuiwer olyfolie is balsamiese asyn. Lions Creek Olive Estate bied hierdie produk van Modena – die oorspronklike tuiste van balsamiese asyn – vervaardig deur ’n familie-onderneming wat oor drie generasies ’n roemryke reputasie opgebou het. Trebbiano-druiwe word versigtig gefermenteer en in houtvate verouder om hierdie asyn met ’n perfekte balans tussen soet en suur te lewer. Kombineer met ekstrasuiwer olyfolie en geniet saam met ciabatta, slaai, carpaccio en geroosterde groente.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak Lions Creek Moose Jaw

Klik hier om Lions Creek Moose Jaw se webtuiste te besoek.

Klik hier vir Lions Creek Moose Jaw op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Lees ook: Onderneming in die Kollig: Netvleish Meat Club

Deel op

Nuutste artikels