Onderneming in die Kollig: Curious Readers (Tippie)

04/09/2023
| Deur AfriForum Wêreldwyd
batch_KN20210910RdK006-scaled

Dié week val die kollig op ’n onderneming spesiaal vir ons jong maatjies in die buiteland. Tippie is die geliefde pers olifantjie in Curious Readers se reeks opvoedkundige leesboekies. Tippie is trots Suid-Afrikaans en beleef allerhande avonture waarmee kinders kan identifiseer.

Die Tippie-reeks is gebore uit ’n ma en dogter se passie vir die onderwys. José Palmer en Reinette Lombard het gesamentlik 48 jaar onderwyservaring en weet hoe beter ’n kind se leesvaardigheid is, hoe makliker en doeltreffender is die leerproses. Met José se jeugdroom om boekies vir kinders te skryf en Reinette se behoefte aan leesboekies om in haar remediërende praktyk te gebruik, het Tippie die lig gesien en heel gou het ma en dogter besef kinders wat sukkel om te leer lees, leer vinniger en makliker saam met Tippie. Hulle kry sommer gou meer selfvertroue en hulle begrip verbeter boekie vir boekie sodat hulle sommer spoedig na die volgende leesvlak vorder.

Die ma-en-dogter-span wou ’n karakter hê met wie alle kinders kan identifiseer, ongeag ras, kultuur of taal. Zinelda McDonald Meiring het Tippie na aanleiding van die teks geskep en haar illustrasies dra ongelooflik baie by tot Tippie se sukses. Elke kind kan met Tippie identifiseer.

Jy kan Tippie van enige plek ter wêreld aanlyn bestel indien jy ’n geldige Visa-kaart of Mastercard het. Kontak Curious Readers vir ’n kwotasie en hulle sal jou na die agent naaste aan jou verwys.

Kinders leer optimaal wanneer hulle in die taal waarin hulle praat, dink en bid, leer lees. Moedertaalonderrig is ongelooflik belangrik, veral in die grondslagfase, omdat dit kinders se hartstaal is en hulle daarmee kan identifiseer.

Tippie se interaktiewe aanlyn platform

Teken in op Curious Readers, Tippie se interaktiewe aanlyn platform, vir ekstra leermateriaal. Die Tippie-boekies is beskikbaar by jou naaste boekwinkel of aanlyn by www.lapa.co.za.

Tippie is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun wat ’n produk of diens in Afrikaans kan lewer.

Kontak Curious Readers

Klik hier om Tippie se webtuiste te besoek.

Klik hier om Tippie op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Klik hier om Tippie se Facebook-blad te besoek.

*

Maak jy gebruik van Afrikaanse hulpmiddels vir jou kind? Laat weet ons in die kommentaar hoe jy Afrikaans met jou kind se opvoeding in die buiteland integreer of skryf vir ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Deel op

Nuutste artikels