Herinneringe is die innerlike foto’s wat jy bewaar, koester en vertroetel. Dit is die skatte wat ons diep in ons siele wegsluit om ons harte warm te hou wanneer die verlange te veel raak.
Ons het onlangs vir ons vriende in die buiteland gevra wat is hulle gunstelingherinnering aan Suid-Afrika. Hier is die top 18-herinneringe:
- Die reuk van rooigrond net voor dit begin reën.
- Ons mense.
- Bosveld-sonsondergang.
- Regte egte Tannie se koeksisters.
- Toe melk op die stoep afgelaai was.
- Toe ek nog ’n graad 1-beesagterkwart vir R75,00 kon koop.
- As jong dogtertjie op my perd op pad na my maatjie drie plase van ons af.
- Afrikaans – geen ander taal het so ’n lekker woord soos “sommer” nie.
- Fonteine in Pretoria, lekker piekniek en treintjie ry.
- Kerkklokke op ’n Sondag
- Kuier by my Ouma in Nelspruit met pap, kaiings en eiers.
- Hoëveld-donderstorms.
- Hadidas op ’n Saterdagoggend
- Sondae se stilte.
- Koer van duiwe wat jou wakker maak in die oggend.
- My vriende en familie.
17. Waffel en melkskommel by Milky Lane, dan ook fliek en ysskaats by Sterland, daarna lekker geëet in Sunnypark by House of Coffees.
18. Moerkoffie met kondensmelk uit ’n blikbeker saam met beskuit, langs ’n vuurtjie wat vroegoggend uit die as wakker gekrap word.
Het ons iets gemis? Stuur vir ons ’n e-pos en vertel ons van jou gunstelingherinnering van Suid-Afrika by wereldwyd@afriforum.co.za
Foto: uta-scholl-unsplash