AfriForum het aangekondig dat sy appèl teen die Gelykheidshof se bevinding dat die Kill the Boer-dreunsang nie haatspraak is nie, op 4 September in die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein aangehoor gaan word. AfriForum het dié aankondiging gemaak nadat Julius Malema, leier van die EFF, weer die afgelope naweek Kill the Boer gesing het tydens die EFF se tiende bestaansjaarvieringe.
AfriForum gaan die “Kill the Boer”-haatspraaksaak se uitspraak appelleer. Die Gelykheidshof het verklaar dat die dreunsang “Kill the Boer” nie haatspraak is nie.
Hierdie uitspraak ’n baie gevaarlike presedent skep. Die steurende boodskap wat met hierdie uitspraak gestuur word, is dat die aanmoediging van die gruwelike moord van ’n sekere groep gebaseer op hul identiteit aanvaarbaar is en geen gevolge dra nie.
AfriForum het hierdie klag in Oktober 2020 aanhangig gemaak nadat ondersteuners van die EFF “Kill the Boer, Kill the Farmer” buite die landdroshof in Senekal gesing het waar beskuldigdes vir die moord op die plaasbestuurder Brendin Horner verhoor is.
Hierdie is jou geleentheid om saam met AfriForum te veg teen #KillTheBoer.
Ondersteun die hofsaak deur ’n bydrae te maak tot AfriForum se regskoste. Klik hier