AfriForum Wêreldwyd: Jou tuiskomplek het ’n splinternuwe baadjie!

13/08/2024
| Deur Sue-Ann de Wet
AfriForum Wêreldwyd: Jou tuiskomplek het ’n splinternuwe baadjie!

AfriForum Wêreldwyd se gewilde webtuiste is al vir jare lank ’n vertroude bron van inligting en nuus vir Suid-Afrikaners in die buiteland. Dié kuierplek het onlangs ’n splinternuwe baadjie aangetrek! Met hierdie vars ontwerp en verbeterde funksionaliteit, is AfriForum Wêreldwyd steeds die beste plek om op hoogte te bly van gebeure in jou geboorteland.

Wat bied die nuwe webtuiste?

AfriForum Wêreldwyd was nog altyd meer as net ’n webtuiste: dit is ’n gemeenskap; ’n aanlyn tuiste. Dit is die plek waar ekspats saamkuier, hul ervarings deel en mekaar ondersteun en raad gee – en ook deel in AfriForum se inligting wat op hulle betrekking het. Met die nuwe ontwerp is dit nou nóg makliker om toegang te kry tot toepaslike nuus, betroubare advies en die ervarings van ander Suid-Afrikaners in die buiteland.

Of jy nou die jongste nuusgebeure wil volg, jou ervaringe van jou nuwe tuiste wil deel of selfs beplan om tydelik of permanent na die buiteland te verhuis, AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te ondersteun. Ná byna twee dekades van diens aan Suid-Afrikaanse ekspats het ons span deeglike navorsing gedoen om te verseker dat ons steeds net die beste diens, inligting en nuus aan ons buitelandse gemeenskap bied.

Deel jou ervaring en word deel van ons gemeenskap

Een van die opwindendste aspekte van ons nuwe webtuiste is die klem op gemeenskapsinteraksie. Ons nooi jou uit om jou unieke verhaal met ons te deel – of dit nou gaan oor jou lewe in die buiteland of oor uitdagings wat jy oorkom het, en of dit interessante plekke is wat jy ontdek het of waar julle net lekker saamgekuier het.

Besoek sommer vandag nog een van ons sosialemediaplatforms, die webtuiste of teken in op die tweeweeklikse nuusbrief Kollig om saam oor die grense heen te kuier!

Jou mening tel

Ons waardeer die terugvoer van ons mense. Jou mening is belangrik om ons te help om die beste moontlike aanlyn ervaring te skep. Waar het jy die eerste keer van ons gehoor? Het jy voorstelle of idees om ons nuwe webtuiste nóg beter te maak? Of wil jy net sê wat jou gunstelingdeel van die nuwe webtuiste is? Laat weet ons gerus!

Jy kan kommentaar lewer op ons webtuiste, ’n boodskap stuur of jou gedagtes per e-pos by wereldwyd@afriforum.co.za aan ons oordra. Jou terugvoer help ons om te verseker dat AfriForum Wêreldwyd steeds jou gunstelingtuiskomplek in die buiteland bly.

Sluit aan en kuier saam

Besoek ons splinternuwe webtuiste en word deel van die Wêreldwyd-familie! Ons sien daarna uit om jou te verwelkom en saam te kuier, ongeag waar jy in die wêreld is. Skakel in, deel jou storie en geniet die beste aanlyn gemeenskapsruimte vir ons mense regoor die wêreld.

Dankie dat jy deel is van die AfriForum Wêreldwyd-gemeenskap – ons waardeer jou ondersteuning en deelname aan hierdie verreikende netwerk!

Deel op

Nuutste artikels