Wêreldwyd se Wêreldgids skep ’n suksesvolle netwerk om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun.
Vat die kans en word deel van hierdie netwerk. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.
Die Wêreldgids het tans meer as ’n duisend ondernemings, van prokureurs in Nieu-Seeland tot ’n Suid-Afrikaanse restaurant in Texas.
Hierdie week se onderneming in die Kollig is Die Spens in Nederland.
’n Suid-Afrikaanse winkel in Nederland wat klante regoor Europa sedert 2005 in Afrikaans, Engels en Nederlands bedien. Die Spens-winkel is regs langs die A1 in Amersfoort geleë, maklik bereikbaar van regoor Nederland, België en Duitsland. Kom bekyk al die bekende Suid-Afrikaanse gunstelinge soos Mrs Balls Blatjang, Sparletta Creme Soda, Simba Ghost Pops, Ouma Rusks, Koo Sweetcorn, Iwisa Mieliemeel en Robertsons Speserye, om slegs ’n paar te noem.
Jy kan ses dae ’n week by ons instap vir inkopies, of ons kan jou bestelling by jou voordeur laat aflaai oral in Europa.
Kontak Die Spens:
E-posadres: info@diespens.nl
Klik hier om Die Spens se Facebook-blad te besoek.
Klik hier vir Die Spens op Wêreldwyd se Wêreldgids.