Onderneming in die kollig: Juffrou Linky

01/10/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Juffrou Linky

AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan op die Wêreldgids opgespoor word. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers van regoor die wêreld. Hierdie week se kollig val op Juffrou Linky. Juffrou Linky is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.

Lees meer oor Juffrou Linky

Juffrou Linky en haar man, Retief van der Liefde, vorm die hart van dié kanaal.

Ons is ‘n ma-en-pa-span op ’n missie om Afrikaanse inhoud te skep wat met die beste in die Engelse mark kan meeding. Ons droom is om ’n nuwe generasie met ’n liefde vir Afrikaans te besiel.

Juffrou Linky is ’n regte Juffrou en het ’n meestersgraad in onderwys deur die Universiteit van Essex (Londen) behaal.

Juffrou Linky is beskikbaar op AfriForumTV. Besoek www.afriforumtv.co.za of laai die toep af. Die toep is beskikbaar op alle Google Play-gesertifiseerde slim-TV’s en Android TV Box’e.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei: Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.


Watter Afrikaanse hulpmiddels gebruik jy om ’n liefde vir Afrikaans by jou kinders te koester? Lees jy dalk vir hulle Afrikaanse storieboeke? Kyk julle dalk saam na Afrikaanse opvoedkundige programme? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Klik hier om Juffrou Linky se webtuiste te besoek.

Klik hier om Juffrou Linky op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Braaiwood

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels