Onderneming in die kollig: Slumber Snugs

07/10/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Slumber Snugs

AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan op die Wêreldgids opgespoor word. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers van regoor die wêreld. Hierdie week se kollig val op Slumber Snugs. Slumber Snugs is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.

Lees meer oor Slumber Snugs

By Slumber Snugs is ons missie om ouers te bemagtig met die kennis en gereedskap wat nodig is om beter slaap vir hul kleingoed te bevorder. Ons glo dat elke kind gehalteslaap verdien wat op sy beurt hul groei, ontwikkeling en algehele welstand bevorder. Ons deernisvolle, navorsingsgesteunde benadering verseker dat gesinne rustige nagte en vreugdevolle dae saam kan aangryp. 

Ons dienste word wêreldwyd aangebied.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei: Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.


Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Klik hier om Slumber Snugs op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Juffrou Linky

Deel op

Nuutste artikels