Onderneming in die kollig: Trayon Campers

14/10/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Trayon Campers

AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Die Wêreldgids maak die wêreld ’n bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings van alle uithoeke van die aarde kan op die Wêreldgids opgespoor word. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë ondernemings en diensverskaffers van regoor die wêreld. Hierdie week se kollig val op Trayon Campers in Queensland, Australië. Trayon Campersis gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.

Lees meer oor Trayon Campers

Hier is ’n paar voordele van ’n Trayon Slide-on Camper waarvan die meeste mense nie bewus is nie:

  • Geen registrasie nodig nie
  • Liggewig
  • Vorentoe geposisioneerde gewigsprofiel
  • Lae profiel wanneer jy reis
  • Min spasie nodig vir berging
  • Groot interne spasie wanneer oop vir kampering
  • 10 jaar strukturele waarborg (“warranty”)
  • 100% Australies vervaardig
  • Volledige kampeerder, gereed vir korttermyn- en langtermynuitstappies
  • Kan deur ’n enkele persoon opgestel word – maklik en vinnig om oop en toe te maak (5 minute)
  • Kan vinnig en moeiteloos van voertuig losgemaak word (8 minute)
  • Kan gebruik word terwyl dit los van die voertuig is
  • Genoeg stoorplek
  • Hou lank (Trayon vervaardig dit reeds sedert 1994 en het al meer as 1 200 verkoop)
  • Trayon Adventure Club vir alle Trayon-eienaars (aanlyn forum)

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei: Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.


Ons wil weet hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Is jy lief vir die buitelewe en kamp julle gereeld? Waar koop jy jou kamptoerusting in die buiteland? Besit jy dalk jou eie kampeeronderneming? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Klik hier om Trayon Campers se webtuiste te besoek.

Klik hier om Trayon Campers op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Slumber Snugs

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels