Hoe vier jy en jou geliefdes Kersfees?

16/11/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Kira-Auf-der-Heide

Wêreldwyd wil Kersfees vanjaar onvergeetlik maak. Kersfees is om die draai en ons wil soos die vorige jare by jou hoor hoe dit gevier word in die land waar jy jouself bevind. Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies, of besondere disse (stuur asseblief daardie resepte!), of is jy in ’n land waar daar min Christene is en waar jy self moet planne maak om die dag te vier? Is daar die mooiste Kersliggies in jou buurt of ’n nuwe Kersfeesgier wat kop uitsteek in jou land? Hou jy by die ou tradisionele eetgoed en vierings of vier jy Kersfees op nuwe maniere?

Vertel ook sommer jou staaltjies van vorige Kersvieringe. Foto’s is natuurlik ook welkom! Wêreldwyd reis graag saam hierdie Kerstyd.

Deel op

Nuutste artikels