Kollig Nuusbrief: 18 November 2021

19/11/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wereldwyd-Nuusbrief-Kollig

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Ons wipwa-rit van emigrasie

Ons gesin se reis het 3 November 2018 begin toe ons laataand op die vliegtuig in Johannesburg geklim het. Ons het via Dubai na Nieu-Seeland gereis en ná die ompad het ons op 7 November in Auckland geland. Dit was ons eerste kennismaking met Aotearoa.

Die lekker gevoel om Afrikaans in ’n vreemde land te hoor

Die gevoel wat jy kry as jy Afrikaans hoor in ’n vreemde land, is iets wat mens nie maklik kan beskryf nie. Jy spits vinnig jou ore net om seker te maak of jy reg hoor, dan begin jou hart vinniger klop soos wat jy die rol van die “r” en die growwe “g”-klank herken. Dan, sonder enige huiwering stap jy vinnig nader om jou mede-Afrikaner te groet soos net Afrikaners kan.

Hoe vier jy en jou geliefdes Kersfees?

Wêreldwyd wil Kersfees vanjaar onvergeetlik maak. Kersfees is om die draai en ons wil soos die vorige jare by jou hoor hoe dit gevier word in die land waar jy jouself bevind. Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies, of besondere disse (stuur asseblief daardie resepte!), of is jy in ’n land waar daar min Christene is en waar jy self moet planne maak om die dag te vier?

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels