Die glans en betowering van Dubai is altyd ‘n groot aantrekkingskrag vir talle toeriste. As bure van Dubai kry ons nou en dan die geleentheid om hierdie bekoorlike plek te besoek. Ons doen die gewone inkopies in die massiewe inkopiesentrums en eet by die eindelose aantal restaurante in Dubai. Selfs ná ‘n paar besoeke wil dit voorkom asof Dubai elke keer iets opwindends bied wanneer dit by die trefferfaktor kom.
Ons het eers die motorversameling van sjeik Hamad Bin Hamdan Al Nahyan gaan besigtig. Dit word by die Emirates National Auto Museum gehuisves en is omtrent 45 minute van Abu Dhabi en selfs nader aan Dubai. Ons was beslis nie teleurgesteld nie.
Die Dubai van blom- en skoenlapper tuin was asemrowend . Dit was verstommend om te sien wat hulle gedoen het met al die blomme. Ons het ‘n wonderlike tyd in Dubai gehad en sal beslis terug gaan vir meer!
Phillip Grobler is ‘n onderwyser in Oman gedurende die skooltermyn, maar ‘n reisiger en fotograaf wanneer hy ook al die geleentheid kry! Die reisgogga het hom gebyt die heel eerste keer toe hy op ‘n vliegtuig geklim het vir sy eerste vlug. Vandaar was daar geen omdraaikans meer nie! Besoek www.saffatravels.com om meer van Phillip se blogs en pragtige foto’s te sien.