In Julie kan jy regsit vir ‘n golf van vermaak met nuwe reekse en films op ShowMax!
kykNET Internasionaal op ShowMax sal sorg dat jy beste buddies raak met Jack Parow, leer surf terwyl jy weer in liefde begin glo, noot hou saam met Bobby van Jaarsveld en die pad vat op die warmste wiele.
Dis alles moontlik vir intekenaars op kykNET Internasionaal op ShowMax teen ‘n spotgoedkoop US $ 8.99 per maand. Gebruik jou kredietkaart of PayPal om aan te teken.
Ons het ons gunstelinge vir jul uitgesonder! So gryp daai popcorn of NikNaks hier is die reekse en films waarna jy in Julie kan uitsien:
1. Dis Hoe ons Rol met Jack Parow
Jack Parow en sy boesemvriend Hardus van Deventer het Suid-Afrika op Harleys deurkruis en langs die pad uitgehang met cool Suid-Afrikaners, groot avonture gehad en, natuurlik, konsert gehou.
2. Vlerksleep
Die realiteit van vlerksleep by ‘n potensiële pasmaat se vriene en familie word hier vasgevang – en met vier vermenigvuldig. Sal die enkellopendes by een van die vier potensiële pasmaats ware liefde vind? Kyk en vind uit!
3. Hotel
As jy van The Office en Parks and Recreation hou, maak seker dat jy inboek by Hotel, die nuwe mokumentêre reeks waarin van SA se beste jong komediante en akteurs probeer om ‘n sukkelende hotel van ondergang te red.
4. Oppiestoep
As jy stout is vir ‘n stukkie storie, kom sit saam Oppiestoep – storievertellers kom gesels met die aanbieders Pietman Geldenhuys en Andries Vermeulen en deel staaltjies wat jou lekker gaan laat lag.
5. Jan Braai vir erfenis (Nuwe Seisoen)
Moenie alleen braai as jy saam met Jan Braai kan braai nie! Suid-Afrika se bekendste braaier gooi weer lekker goedjies op die kole. Braai saam vir jou Suid-Afrikaanse erfenis.
6. Groen: Namibië
Ontdek die natuurskoon van Namibië saam met die natuurliefhebbers Rudie en Marlice van Vuuren van die Naankuse Wildlife Sancuary.
7. As jy Sing (film)
Bobby van Jaarsveld en Leah laat die lekkerste Afrikaanse liedjies leef in dié musical, waarin Naas Botha ook ‘n klein verskyning maak.
8. Die Pro (film)
Groot vriendskap, groot pyn en groot branders wat alles beter maak. Verloor jouself vir ‘n uur of wat in Jeffreysbaai en surf jou sorge weg.
9. L’at Wiel
Agter die stuur van alledaagse rygoed, sportmotors wat net vir rykes en beroemdes beskore is en die beste bakkies op die pad. Klim in vir ‘n mal rit en L’at Wiel.