Wêreldwyd wil Kersfees vanjaar onvergeetlik maak

11/11/2016
| Deur Sue-Ann de Wet
Kers

Wêreldwyd wil Kersfees vanjaar onvergeetlik maak. Ja mense, Kersfees is voor die deur en ons wil van julle hoor hoe dit gevier word in die lande waar julle vir julle bevind.  Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies, of besondere disse (stuur asseblief daardie resepte!), of is julle in ‘n land waar daar min Christene is en waar julle self planne moet maak om die dag te vier? Hou julle by die ou Suid-Afrikaanse eetgoed en vierings, of hou julle Kersfees op nuwe maniere? 

Vertel ook sommer julle staaltjies van vorige Kersfeesvierings.  Foto’s is natuurlik ook welkom!  Die interessantste bydrae gaan beloon word met ‘n Kersgeskenk, ‘n R1 000 takealot.com geskenkbewys.  Ons moet die bydraes asseblief voor 6 Desember 2016 ontvang.

Bydraes kan gestuur word na wereldwyd@afriforum.co.za

Deel op

Nuutste artikels