Die geboortetoneel (nativity scene) verteenwoordig vir ons Kersfees

05/12/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Die geboortetoneel (nativity scene) verteenwoordig vir ons Kersfees

Deur Jolene Harley uit Duitsland

Dit is die seisoen van Jesus se geboorte. Die geboortetoneel, ’n uitbeelding van die geboorte van Jesus, word in kerke en in huise vertoon. In die meeste van hierdie tonele lê die goddelike kind op ’n bed van strooi in ’n krip, bewaak deur Maria, Josef en ’n paar diere asook herders, en/of drie wyse manne.

Die geboortetoneel spoor sy oorsprong ongeveer 1 500 jaar terug. Die kunshistorikus Rudolf Berlinerin skryf in die 1940’s “dien die geboortetoneel die godsdienstige doel om die verbeelding van die toeskouer te beïndruk en aan te gryp asof hy die geboorte self aanskou.”

Die eerste lewende geboortetoneel, toegeskryf aan Sint Franciskus van Assisi, het in 1223 in die Italiaanse stad Greccio plaasgevind. Franciskus is geïnspireer deur sy besoek aan die Heilige Land, waar Jesus se tradisionele geboorteplek aan hom gewys is.

As kind was ons enigste Kersfeestradisie ’n geboortetoneel, handgemaak uit klei en geverf. Elke jaar het ons figuurtjies bygevoeg. Dit was vir my baie kosbaar. Dis ’n tradisie wat ek graag voortsit en hier in Beiere, Duitsland, waar ons nou woon, is dit baie gepas.

Beierse Kersfeestradisie: ’n Handgemaakte geboortetoneel

Dit is een van die gewildste Beierse vakansietradisies: die Kersfees-kriptoneel. Baie gesinne sit elke jaar ’n krip op. Dikwels word dit selfgemaak, en word mettertyd groter.

Dit is ontwerp as ’n tipiese Alpiese krip. Dit is meer soos ’n ou plaaswoning in die Duitse Alpe as net ’n stal. Die besonderhede is pragtig. Die heilige familie, die diensmeisies en besoekers is almal geklee soos Beierse boere en vakmanne uit die 18de eeu. Net die drie wyse manne verskyn in historiese drag.

Ons het hierdie jaar ’n “Krippenausstallung” bygewoon in die stad Herzogenaurach in die kelder van die dertiende-eeuse Marienkapelle. Oud en jonk neem deel. Hul bied kursusse aan en ons kon inskryf in ’n kompetisie om so ’n toneel te wen.

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels