AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers en selfs gemeenskapsorganisasies reg oor die wêreld.
Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind. Hierdie week val die kollig op Kerk in Afrikaans in Ierland – ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.
Lees meer oor Kerk in Afrikaans
By die Irish Reformed Church – Kerk in Afrikaans, wil ons graag die Woord van die Here met ’n suiwer hart, skoon gewete en opregte geloof bestudeer en verkondig. Jy is welkom om by ons in te loer, aanlyn, maar ook in persoon.
Met AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n dinamiese sakenetwerk nie; dit is ook ’n platform om ’n ondersteuningsnetwerk te vestig vir daardie dae wanneer die verlange na jou mense swaar op jou hart druk. Maak seker jou onderneming word op ons Wêreldgids gelys – klik op die skakel om deel te word van hierdie groeiende gemeenskap.
Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk – ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.
Kontak Kerk in Afrikaans
Klik hier om Kerk in Afrikaans se webtuiste te besoek.
Klik hier om Kerk in Afrikaans op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.
Lees ook: Onderneming in die kollig: Braai Wolf