Onderneming in die kollig: Celest Gilmour Counselling – vind weer jou balans
Soms gooi die lewe vir jou ’n paar draaiballe. ’n Verhouding wat verbrokkel, die verlies van ’n geliefde of ’n groot verandering wat jou onseker laat voel. In sulke tye kan dit ’n groot verskil maak om iemand te hê wat luister en jou help om weer jou voete te vind.
Hierdie week se onderneming in die kollig is Celest Gilmour Counselling in Lethbridge, Alberta, Kanada, waar Celest mense ondersteun om moeilike lewensomstandighede te hanteer.
Berading wat by jou behoeftes aansluit
Celest bied individuele berading, gesinsberading en rouberading, asook ondersteuning vir mense wat met depressie, angs, verhoudingsprobleme, egskeiding en groot lewensveranderinge worstel.
Haar benadering is daarop gerig om ’n veilige, vertroulike omgewing te skep waar mense openlik oor hul uitdagings kan gesels sonder om veroordeel te voel.
Sy gebruik verskillende beradingsmetodes wat by elke persoon se unieke behoeftes aansluit. Sy help mense om hul gevoelens en omstandighede beter te verstaan, oplossings vir probleme te vind en weer balans in hul lewe te kry.
Ontdek ondernemings regoor die wêreld
Celest Gilmour Counselling is een van die ondernemings wat op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys is.
Die Wêreldgids help ons mense om ondernemings en diensverskaffers in verskillende lande te ontdek en te ondersteun.
Het jy ook ’n onderneming in die buiteland? Registreer dit gratis op die Wêreldgids en maak dit makliker vir ander om jou te vind.
Kontak Celest Gilmour Counselling
Ligging: Tienlaan-Suid 2106, Lethbridge, Alberta, Kanada
Telefoon: +1 825 798 0483
E-pos: celestgilmourcounselling@gmail.com
Webtuiste: Celest Gilmour Counselling
Wêreldgids-profiel: Besoek Celest se Wêreldgids-profiel



















