Kom geniet Juanita du Plessis, Ruan Josh, Franja du Plessis en Refentse saam met South African Events in Kanada. Afrikaans is Lekkergaan elke jaar jou gunstelingkunstenaars Kanada toe bring. South African Events het vyf jaar gelede in Australië en Nieu-Seeland begin met Afrikaans is Lekker. Dit is deesdae die voorste Afrikaanse geleentheid wêreldwyd, en voortaan word Kanada ook ingesluit. Die toer stel ons in staat om meer kunstenaars in een vertoning te hê.
Wêreldwyd tree op as borg vir die Afrikaans is Lekker 2019-toer in Kanada, want dit is vir ons belangrik dat Afrikaners in die buiteland informeel kan saamkom en steeds hul Afrikanerskap kan vier – of hulle nou gaan terugkom of nie. Hulle is ons familie, vriende en ambassadeurs, en ons kan nie bekostig om hulle te verloor nie.
Kom sing, lag en raak nostalgies saam met hierdie ongelooflike kunstenaars wanneer hulle in Toronto, Calgary en Vancouver optree.
Die datums is soos volg:
14 Junie 2019: Toronto
15 Junie 2019: Calgary
16 Junie 2019: Vancouver
Maak seker jy loop nie hierdie optrede mis nie. SA Events hoop die toer word so goed ondersteun dat hulle Afrikaans is Lekker elke jaar na Kanada kan bring. Deel asseblief met al jul vriende en bring sommer ’n paar saam.
Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop.
PROMOSIE: Kry afslag op jou Afrikaans is Lekker 2019 Kanada-kaartjies!
Teken in op Wêreldwyd se nuusbrief en ontvang ’n afslagkode vir Afrikaans is Lekker 2019 – Kanada. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za om jou afslagkode te ontvang. Indien jy reeds op die Wêreldwyd-nuusbrief ingeteken is, kwalifiseer jy ook vir die afslag.
Alle intekenare ontvang 10%-afslag op kaartjies.