Afrikaans is Lekker 2025: Vyf stede, een onvergeetlike ervaring
Afrikaans is Lekker is terug en hierdie keer is dit groter en beter as ooit! Dié konsertreeks, wat jaarliks deur SA Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd aangebied word, bring van Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse kunstenaars na vyf internasionale stede.
Jy word uitgenooi na ’n onvergeetlike reeks konserte – vol energie, passie en samesyn – waar topklaskunstenaars soos Ricus Nel, Liza Nel, Brendan Peyper en Elandré van hul grootste treffers gaan sing. Maak gereed om die ritme van Afrikaans in die buiteland te voel – van Dubai tot Londen!
Die optredes vind op hierdie datums plaas:
- Dubai – 23 Mei 2025
Koop kaartjies hier. - Amsterdam – 24 Mei 2025
Koop kaartjies hier. - Dublin – 28 Mei 2025 (Vir die eerste keer!)
Koop kaartjies hier. - Manchester – 31 Mei 2025 (Vir die eerste keer!)
Koop kaartjies hier. - Londen – 1 Junie 2025
Koop kaartjies hier.
Met die toevoeging van Dublin en Manchester bereik die toer hierdie jaar nuwe hoogtes en reik dit selfs nog verder uit na Afrikaanse gemeenskappe in die buiteland.
Kaartjies is beskikbaar op SA Events se webtuiste, terwyl belangstellendes ook navrae kan rig aan events@southafricanevents.com.
Volg AfriForum Wêreldwyd se Facebook-blad om op hoogte te bly van die jongste nuus en aankondigings. Daar wag ’n verrassing of twee op jou, waaronder ’n opwindende kompetisie!
Moenie hierdie ongelooflike geleentheid misloop nie! Afrikaans is Lekker 2025 is meer as net ’n konsertreeks – dit is ’n viering van ons kultuur, ons musiek en ons gemeenskap. Kom wees deel van die energie, die passie en die samesyn wat hierdie toere uniek maak. Koop vandag nog jou kaartjies en kom ervaar hoe Afrikaans reg oor die wêreld harte aanraak.
Maak seker jy koop jou kaartjies vandag nog want hierdie is ’n ervaring wat jy vir altyd sal onthou.