Bederf SA-familie met Kraal-pakkie

12/11/2020
| Deur Ilze Nieuwoudt
Tel-jou-woorde

Kersfees sonder Suid-Afrikaanse vriende en familie bly jaarliks ’n uitdaging vir Suid-Afrikaners in die buiteland. Boonop is expats se kans skraal op ’n Kersvakansie in sonnige Suid-Afrika te midde van 2020 se wêreldwye COVID-19-pandemie. Bederf jou Suid-Afrikaanse familie daarom vanjaar met ’n Kraal Uitgewers-geskenk. Kraal se e-winkel (www.kraaluitgewers.co.za) maak inkopies eenvoudig en bied iets vir oud en jonk. Hier is solank ’n paar idees:

Iets vir die hele gesin

Tel jou woorde-bordspeletjie

Dié unieke Afrikaanse woordbou-bordspeletjie sal die hele gesin uitdaag om te dink, te peins, te raai en uiteindelik te bou. Tel jou woorde maak gebruik van 117 teëltjies, ’n bord met 17 x 17 blokkies én tonne kreatiwiteit. Een tot ses persone kan speel (ja, enkelspelers kan ook heel gemaklik bou-bou speel). Koop die Tel jou woorde-bordspeletjie hier teen R400.

Die Groot Trek-bordspeletjie

Die Groot Trek-bordspeletjie neem deelnemers op ’n kruis-en-dwars-roete oor Suid-Afrika vanaf die Kaapkolonie tot in die skadu van die Soutpansberge in die verre noorde. Die missie? Voltooi die voorgestelde roete van die Voortrekkers van ouds, maar wees op jou hoede, want daar is vele afdraaipaaie, gevaarlike riviere, wilde leeus en die moordlustige tsetsevlieg wat jou trek kan kniehalter. Koop Die Groot Trek-bordspeletjie hier teen R350.

Jakkals-, uil- en boknotaboekies

Ons weet jy is nie onder ’n UIL uitgebroei nie en soms gaan die lewe so op ’n JAKKALSdraffie, maar luister net hier en jy sal behoorlik BOKspring van vreugde. By Kraal Uitgewers kan jy ’n prettige jakkals-, uil- of boknotaboekie met 75 bladsye koop teen slegs R50. Dié notaboekies is afgerond met pittige Afrikaanse spreekwoorde wat betrekking het op elkeen van dié diere. Kry joune hier.

Boekmerke wat ’n merk op jou hart laat

Boekliefhebbers is dit eens: Byna enige stukkie papier, strokie en kaartjie is al ingespan om as plekhouer in ’n geliefde boek te dien. ’n Stel boekmerke met die wyse, ware en treffende woorde van enkele van Afrikaans se grootste skrywers is daarom die ideale geskenk vir die boekwurm in jou lewe, of sommer om jouself mee te bederf. ’n Stel met 12 boekmerke is hier beskikbaar teen slegs R30.

Iets vir jong werkendes

Afrikanertoekoms 101: ’n Vraag- en antwoordgids vir jong Afrikaners 

Jong Afrikaners staar talle uitdagings in die gesig en moet dikwels antwoorde bied op taai of tartende vrae oor sake soos apartheid, regstellende aksie, moedertaalonderrig en geloof. In Afrikanertoekoms 101: ’n Vraag- en antwoordgids vir jong Afrikaners stel die jeug by monde van Paul Maritz (Solidariteit Jeug-bestuurder) hierdie vrae aan die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys. Buys antwoord op ’n eenvoudige, maar praktiese én gebalanseerde wyse met die naakte feite, verteerbaar verpak vir die jong Afrikaner in 2020. Dié gids bied ’n waardevolle hulpmiddel aan elke jong Afrikaner wat in Suid-Afrika wil bly, werk, leef én bou aan ’n beter toekoms. Hier beskikbaar teen slegs R50.

Iets vir die geskiedenisliefhebber

Die Anglo-Boereoorlog was nie net ’n stryd tussen Boer en Brit nie. Ernstige geskille rakende oorlogvoering het ook onderling tussen die leierskap van die twee Boererepublieke gewoed. Lees hieroor in Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 deur Leopold Scholtz. Hier beskikbaar teen slegs R250.

In Junie 1900 word Pretoria sonder veel teëstand ingeneem en die Boere loop by die dosyne weg van die kommando’s. Die oorlog is verby en die Boere se moed is gebreek. Of só het dit gelyk totdat die Slag van Donkerhoek ’n keerpunt vir die Boere sou bring. Ontdek die intriges van dié veldslag in Andries Breytenbach se Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog. Beskikbaar hier teen R290.

Spesiale aanbod: Koop Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 EN Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog saam vir slegs R390. (Aanbod geldig terwyl voorraad hou.)

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels