Bokjol 2024 – ’n Samekoms soos geen ander!

26/06/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Bokjol-2024-skerm

Maak Fremantle, Perth op Vrydag 16 Augustus 2024 Afrikaans! Sluit aan by al die ander Suid-Afrikaners by Freo. Social vir ’n fantastiese aand saam met die top- Afrikaanse kunstenaars Jo Black, Ricus Nel en Bobby van Jaarsveld.

Met die Springbokke wat op 17 Augustus teen die Wallabies in die Castle Lager Rugbykampioenskap-wedstryd in Perth speel, en die middelgewigkampioen, Dricus du Plessis se geveg teen Israel Adesanya as die hoofgeveg van UFC 305, gaan Perth verseker vol Suid-Afrikaners wees. Dit is dié plek om op Vrydagaand te wees. En wie weet? Daar is dalk net ’n verrassing of twee … Jy mag dalk net van jou ander sporthelde op dié aand raakloop.

Wanneer: Vrydag 16 Augustus 2024

Waar: Freo.Social in Fremantle, Perth

Deure open vanaf 19:00 met lewendige vermaak vanaf 20:00.
Kaartjies kos AU$90 per persoon.

Koop jou kaartjies hier.

Die geleentheid word deur South African Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd aangebied. South African Events en AfriForum Wêreldwyd is daaraan toegewyd om geleenthede te skep waar ons mense in die buiteland kan saamkom, deel kan bly van hul kultuur en nuwe herinneringe kan skep.

Koop jou kaartjies, want hierdie gaan beslis ’n hoogtepunt op jou kalender wees.

Kom deel in die samekoms van musiek en kultuur, en word deel van ’n gemeenskap oor landsgrense heen.

Maak gereed vir ’n onvergeetlike geleentheid by die Bokjol 2024!

Vir meer inligting en om kaartjies te bespreek, besoek gerus South African Events se webtuiste of e-pos events@southafricanevents.com.

Gaan teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie!

Deel op

Nuutste artikels