Bokjol 2025 kom Nieu-Seeland toe!

19/08/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Bokjol

Maak gereed, Nieu-Seeland – die grootste Suid-Afrikaanse rugbykuier, Bokjol 2025, is op pad. Dis die perfekte kombinasie van Springbok-rugby, Afrikaanse musiek en lekker saamkuier.

Dit is daardie tyd van die jaar wanneer Suid-Afrikaners reg oor die wêreld saamstaan om ons geliefde Springbokke met trots te ondersteun. Hierdie keer vier ons dit op ’n unieke manier – met rugby, Afrikaanse musiek, kultuur en daardie eg Suid-Afrikaanse saamkuiergees wat net ons verstaan.

Kom vier saam met ons en top- Afrikaanse kunstenaars soos Kurt Darren, Fatman en MD Greyling in drie van Nieu-Seeland se grootste stede:

  • Auckland – Vrydag 5 September
  • New Plymouth – Woensdag 10 September
  • Wellington – Vrydag 12 September

Elke aand beloof ’n feestelike viering te wees – gevul met Afrikaanse musiek, dans, gasvryheid en, natuurlik, daardie onmiskenbare Springbok-gees!

Eksklusiewe korting vir AfriForum-ondersteuners – 25% af!

As gewaardeerde ondersteuner van AfriForum Wêreldwyd kry jy 25%-korting op kaartjies wat voor 1 September gekoop word.
Opskud! Daar is ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar teen hierdie spesiale prys. Gebruik die kode: AfriForum wanneer jy jou kaartjies bespreek.

Moenie die geleentheid misloop nie! Koop jou kaartjies by: www.southafricanevents.com

Trek jou Springbok-trui aan, bring jou vriende en familie en kom kuier saam. 

Deel op

Nuutste artikels