Die verdwyning van Seamus Smit, deur Seamus Smit

06/10/2022
| Deur AfriForum Wêreldwyd
SEAMUS

Toe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn. Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag ’n belangrike onderhoud. Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ’n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat net niemand daaroor nie. Dan begin die res van sy lyf te verdwyn. Hy besef hy het probleme. Groot probleme. En daar begin die vreemdste dag van sy lewe …

Die boek is ’n naaswenner van LAPA se Jeugromankompetisie. Nerine het saam met Alet Steenkamp talle boeke vir tieners geskryf. Die gewilde “SSS-reeks”, met titels soos Selfone, skelms en sjokolade, is ’n voorbeeld.

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels