Kollig Nuusbrief: 19 Januarie 2023

19/01/2023
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Korreksie_Banier_ontwerp1_AFR

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Kollig Nuusbrief

Klik hier om die nuutste Wêreldwyd Kollig te lees.
Teken in op ons nuusbrief. Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Hier is die gewildste artikels:

Van Suid-Afrika na Swede en amper terug

My amper tweejarige is in 2021 gebore en kort daarna het ons besluit om na ’n beter toekoms vir ons en ons kind te kyk in die buiteland. As ons maar net toe geweet het wat ons nou weet.

ʼn Padkaart vir jou psigiese gesondheid

Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die meeste Suid-Afrikaners word groot sonder om blootgestel te word aan maniere hoe om na hul geestesgesondheid te kyk. Ek veroordeel nie hierdie raamwerk nie, ek stel bloot net die dilemma en die effek daarvan, aan jou.

In Ingeland Kersfees 2022

Daar sit ons toe by Knoll Beach langs Studland Bay, vyf dae ná Kersfees. Dit is ons gebruik vir meeste van die laaste vyftien jaar om tyd deur te bring in Bournemouth en omgewing, waarvan Knoll Beach ’n gunsteling is, wat ook al die weer doen.

Wintersherinneringe

Ek en my seun Simon het gister 5 km in die sneeu gaan draf. Dit was ’n pragtige, sonnige  7 ⁰C-oggend. Terwyl die sneeu so onder my hardloopskoene gekraak het, het ek al die wintersherinneringe voor die gees geroep wat ons deur die jare gebou het. Ons het oor die nuus gehoor dat dié Desember tot dusver die koudste een in ’n 100 jaar is.

Opinion piece: The art of kuier

The Afrikaans culture is great! That was my first thought when I first visited South Africa 25 years ago. Growing up in America, watching my parents and grandparents kuier [Editor: an Afrikaans word that loosely translates to “pay a visit”, but also denotes a friendly, homely occasion] it was wonderful to see how family and friends connected socially – looking at each other and chatting with genuine interest, sharing good times over shared culture.

Waarom moet ek my moedertaal behou in die buiteland?

Indien ’n mens besluit om te emigreer, sal die sukses van hierdie stap afhang daarvan of jy in jou nuwe tuisland gaan aanpas. Dit sluit natuurlik ook in dat jy kultureel en taalkundig sal moet inskakel, maar dit beteken nie dat jy jou eie kultuur of taal hoef prys te gee nie.

Hooggeregshof wys Malema en EFF se aansoek om verlof tot appèl in AfriForum-grondbesettingsaak met koste van die hand

“Hierdie uitspraak is ’n groot oorwinning vir private eiendomsreg en ’n groot slag vir diegene wat misdadigheid, geweld of wetteloosheid wil aanhits,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“AfriForum verwelkom regter Mabuse se uitspraak wat die nodige klem lê op die ernstige kriminele aard van die aanhitsing van mense om privaat eiendom te betree en onwettig te beset,” sluit Van Zyl af.

Sol-Tech betree nuwe era met toevoeging van IT-opleiding

Sol-Tech kondig met trots aan dat die instelling in 2023 sy opleidingsaanbod vergroot deur inligtingstegnologie-opleiding by die bestaande ambagsopleiding te voeg. 
Sol-Tech spits hom sedert 2007 daarop toe om gehalte ambagslui aan die industrie te lewer. Volgens besturende direkteur, Paul van Deventer,  is Sol-Tech se visie vanuit die staanspoor om jongmense indiensneembaar te maak en só ’n goeie toekoms vir hulle te skep.

Deel op

Nuutste artikels