Kollig Nuusbrief: 20 Oktober 2022

20/10/2022
| Deur AfriForum Wêreldwyd
af4bd2e9-7ea2-c3c2-cd50-cabd0d12ab62

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

Sewe unieke Afrikaanse woorde en hul herkoms

Afrikaans soos ons dit vandag ken, het ontwikkel uit verskeie ander tale, hoofsaaklik Nederlands. Maar Afrikaans is deurspek met leenwoorde en byvoegings uit ander tale. Navorsing dui daarop dat daar verskeie dialekte van die taal gepraat is in die Kaap tussen 1800 en 1875 voordat Afrikaans omskep is in die Standaardafrikaans wat ons vandag ken.

Interessante plekname in Suid-Afrika

Suid-Afrika het geen tekort aan unieke plekname nie en as jy die langpad aandurf sien jy veral plekname vol karakter. Hier is ’n paar van ons gunstelingplekname wat omtrent ontdekkingsreisigers se humoristiese kant wys.

Uit en Tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en Tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het. Vandeesweek gesels ons met Derika de Villiers wat in Zaandam, Nederland woon.

AfriForum stel jongste episode in dokumentêre reeks oor Suid-Afrika se oop grense bekend

Die tweede episode van die dokumentêre reeks Open Borders is vandag bekendgestel.
Dié episode getiteld, “The Carjacker’s Carnival”, fokus op hoe die gebrek aan grensbeheer tussen Suid-Afrika en Mosambiek oorgrensmisdaad aanvuur.

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels