Kom ry saam in die Nasionale Krugerwildtuin

24/05/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wereldwyd-Natuurhoekie-AFR

Dit is weer tyd om die piekniekmandjie te pak en virtueel saam te ry van die rigting van Orpenkamp af, verby Nsemanidam, dan noordwaarts in die Mopanistreek, verby Shingwedzi en dan weer in ’n suidelike rigting.

Tel die aantal spesies wat julle sien. Die jakkalsie is beslis ’n hartedief!

Helaas gaan die planne vir ’n steenkoolmyn op die voorstoep van die wildtuin steeds voort. Lees hier oor AfriForum se aksies om dit te stuit en hoe die publiek ons kan ondersteun.

Die beeldmateriaal van die rit deur die wildtuin is deur Katie en André van Two-V Productions beskikbaar gestel. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Dit is slegs in Afrikaans beskikbaar en kan ook by winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin gevind word.

Deel op

Nuutste artikels