Mathys Roets in Australië en Nieu-Seeland

20/07/2018
| Deur AfriForum Wêreldwyd
MR

Mathys Roets is ’n baie bekende en geliefde Suid-Afrikaanse sanger. Hy het sy musiekloopbaan in 1989 begin toe hy met sy kitaar in die hand in ’n winkelsentrum in Pretoria vir fooitjies gesing het. In 1996 maak hy ’n belangrike deurbraak met sy debuutproduksie op die KKNK. In hierdie vertoning, Nokturne, sing hy die musiek van Koos du Plessis. Dit het Mathys se donker fluweelstem soos ’n handskoen gepas. Mathys het bekendheid verwerf vir sy gevoelvolle vertolkings van die wêreld se mooiste ballades, veral die musiek van Leonard Cohen, Roger Whittaker en Neil Diamond. In 2009 was Mathys in ’n ongeluk betrokke en dit het sy lewe vir altyd verander.

Maak gereed vir ’n onvergeetlike persoonlike ervaring van Mathys Roets se musiek vir die siel. Moet dit nie misloop nie!

Hier is die datums waarop Mathys optree:

27 Julie – Bunbury:           www.trybooking.com

28 Julie – Perth:                leemingbookings@gmail.com

2 Augustus – Mackay:      www.eventbrite.com.au

4 Augustus – Brisbane:     www.trybooking.com

5 Augustus – Gladstone:   jacksmailbox@y7mail.com

9 Augustus – Tauranga NZ:            +64 275939883

10 Augustus – Palmerston North:   012 877 045 of eSANZ

Deel op

Nuutste artikels