’n Spraakterapeut praat oor tweetaligheid – Deel 2

03/08/2022
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Tweetaligheid2

Deur Sumari Erasmus

Tien wenke om tweetaligheid in jou kind te bevorder

1. Skep die behoefte

Dit is uiters belangrik om die behoefte te skep om die minderheidstaal (die taal van ekspats se familie, soos oumas en oupas en ouer broers en susters) te praat. As kinders nie nodig het om die taal te praat nie, hoekom sal hulle? Die behoefte om die taal te praat, kan geskep word deur met iemand te gesels wat dit wel praat, of deur met daardie persoon te speel of saam met hom of haar aan ’n aktiwiteit deel te neem. Party gesinne kom ook ooreen om slegs die minderheidstaal onder spesifieke omstandighede te praat, byvoorbeeld by die huis of met sekere persone.

2. Spandeer tyd saam

Spandeer soveel as moontlik tyd saam met jou kinders. Dit is veral belangrik as jy en jou lewensmaat by die huis verskillende tale met jul kinders praat.

3. Praat baie in die minderheidstaal

Dit mag dalk voor die hand liggend klink, maar praat soveel as moontlik met jou kinders en motiveer hulle om met jou terug te praat in julle taal. Hoe meer woorde hulle hoor, hoe meer woorde leer hulle aan.

4. Speel musiek en sing liedjies

Speel musiek en sing liedjies in die minderheidstaal. ’n Melodie help kinders om woorde en frases te memoriseer wat hul andersins nie sommer sal onthou nie. Die lirieke help ook om hul woordeskat uit te brei.

5. Lees baie

Moenie die belangrikheid van lees in die minderheidstaal onderskat nie. Maak seker jy het ’n verskeidenheid boeke in die minderheidstaal, veral dié waarvan jou kinders hou. Laat jou kinders toe om nuwe boeke te kies waarvan hulle hou. As kinders van ’n storie hou, sal die meeste dit oor en oor wil lees!

6. Probeer ’n oppasser kry wat die minderheidstaal kan praat

As jy ’n werkende ouer is, probeer ’n tweetalige oppasser kry wat die minderheidstaal ook kan praat. Sodoende kry jou kinders meer blootstelling aan die minderheidstaal terwyl daar ook na hulle omgesien word.

7. Lees elke dag hardop vir jou kind

Dit is uiters belangrik dat jy elke dag vir jou kinders lees, hetsy met slaaptyd of enige ander tyd in die dag. Om ’n liefde vir lees te kweek, is een van die belangrikste dinge wat jy vir jou kinders kan doen. Deur daagliks vir hulle te lees, stel jy hulle bloot aan woorde wat hulle andersins nie sou gehoor het nie en jy help om hulle woordeskat te vergroot.

8. Skermtyd slegs in die minderheidstaal

As jy jou tweetalige kinders skermtyd toelaat, gebruik dit tot jou voordeel. Laat hulle in die minderheidstaal programme kyk en speletjies speel om hulle sodoende meer blootstelling aan die minderheidstaal te gee.

9. Koop vir hulle geskenke wat hulle taalontwikkeling sal aanhelp

Koop vir jou kinders vir verjaardae of Kersfees opvoedkundige geskenke wat hulle taalvaardighede kan bevorder, byvoorbeeld boeke in die minderheidstaal, legkaarte, of speletjies wat hulle sal aanmoedig om die minderheidstaal te praat en die taal tydens spel te gebruik.

10. Maak saam kos

Maak disse wat eie is aan jul kultuur en gesels met jou kinders daaroor terwyl julle saam kosmaak. So leer hulle nie net nuwe woorde in julle taal nie maar ook julle kultuur ken.

Hierdie is die tweede in ’n reeks van drie artikels deur Sumari Erasmus. Sy is ’n spraakterapeut, maar ook ’n Afrikaanse mamma in die buiteland. Sumari en haar gesin woon in Kanada. Sy het ’n doktorsgraad in spraak-taalterapie aan die Universiteit van Pretoria behaal en het ’n passie vir die behoud van Afrikaans. Die derde artikel sal handel oor vyf mites oor tweetaligheid.

Lees ook: ’n Spraakterapeut praat oor tweetaligheid – Deel 1.

Hierdie artikel was oorspronklik geplaas deur Boekwurm.

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels