Natuurhoekie – Aalwyntyd

17/02/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wereldwyd-Natuurhoekie-1

Wat het ’n swartkopwielewaal, twee dansende rooivlerkspreeus (die wyfie is die een met die asgrys kop en bo-bors) en ’n boomeekhoring in gemeen?

Antwoord: Hulle is mal oor die nektar van aalwynblomme!

Two-V Productions se André en Kate het hulle feesvieringe in Olifantskamp in die Krugerwildtuin dopgehou.

Luister net na die sagte “tjerleeeeoo, tjerleeeeoo, tjerleeeeoo” geroep van die spreeus. Dit en al die ander geluide wat julle in André en Kate se video’s hoor, is die oorspronklike klanke. Teken gerus in op hulle YouTube-kanaal, Two-V Productions en gaan hou van hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Dit is ook by die winkels in ruskampe van die Krugerwildtuin te vinde. Die boeke is slegs in Afrikaans beskikbaar.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels