Natuurhoekie – Die vreemde verkleurmannetjie krokodil

26/10/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Capture

Two-V Productions se André en Kate plaas gereeld video’s van hulle ontmoetings met natuurlewe tydens hulle besoeke aan die Krugerwildtuin.

Hierdie keer nooi hulle ons saam na Sunsetdam, naby Onder-Sabie-ruskamp, waar almal nuuskierig is oor ’n enorme krokodil met kleure en kontoere wat aan dié van ’n dwergverkleurmannetjie herinner.

Een seekoei gaan stel braaf naderby ondersoek in, terwyl dié in die water verwikkelinge stip dophou en ander selfs hardop kommentaar lewer.

Al die geluide wat julle in hierdie en André en Kate se ander video’s hoor, is die oorspronklike klanke. Teken gerus in op hulle YouTube-kanaal, Two-V Productions en gaan hou van hulle Facebook-blad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Dit is ook by die winkels in ruskampe van die Krugerwildtuin te vinde. Let wel dat die boeke slegs in Afrikaans beskikbaar is.

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels