Natuurhoekie – Langtone en ander watervoëls

27/08/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
WW_Natuurhoekie

Dit is jagseisoen … kyk net hoe vaardig die grootlangtoon (Actophilornis africanus) en die dwerglangtoon (Microparra capensis) kos soek by Lake Panic, naby Skukuza in die Nasionale Krugerwildtuin. ’n Swartriethaan (Zapornia flavirostra) en ’n groenrugreier kan ook gesien word. “Groenrugreier” is ’n versamelnaam wat gebruik word vir reiers wat soms met ’n groen verekleed spog. Hulle is eers as ’n enkele spesie, Butorides striata, beskou. Nou word daar egter tussen drie afsonderlike spesies onderskei.

Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions voorsien. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Die vierde boek in die reeks word eersdaags vrygestel. Die boeke is slegs in Afrikaans beskikbaar.

 

 

 

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels