Natuurhoekie – ’n Rustige verposing saam met waterbokke

08/12/2020
| Deur AfriForum Wêreldwyd
23

Two-V Productions se André en Kate besoek die Krugerwildtuin so gereeld as moontlik en deel dan hulle ervarings daar met die publiek deur middel van hulle video’s.

Aan die einde van die jaar het ons almal ‘n ruskansie nodig en kan dan nou saliger wees as om saam met hierdie troppie waterbokke asem te skep by die Letabarivier. Volg een van hulle op haar tog na ’n stukkie sappige weiding op ’n eiland in die rivier, met die wonderlike klank van haar treë deur die water. Terloops, die waterbok se wetenskaplike naam is Kobus ellipsiprymnus.

Al die geluide wat julle in hierdie en André en Kate se ander video’s hoor, is die oorspronklike klanke. Teken gerus in op hulle YouTube-kanaal, Two-V Productions en gaan hou van hulle Facebookblad [https://web.facebook.com/OpVlerke]. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word [https://www.kraaluitgewers.co.za]. Dit is ook by die winkels in ruskampe van die Krugerwildtuin te vinde. Let wel dat die boeke slegs in Afrikaans beskikbaar is.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels