Natuurhoekie – Olifantkalfie by die Shingwedzirivier

14/05/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wereldwyd-Natuurhoekie-AFR

’n Olifantkalfie geniet ’n modderbad in die Shingwedzirivier in die Krugerwildtuin, en wys vir sy ma dat hy dié tegniek soortvan bemeester het.

Olifante kommunikeer op vele wyses, insluitend met geluide van ’n baie lae frekwensie – selfs soms te laag vir die menslike oor om te hoor. Die klanke is soortgelyk aan die laagste note van ’n pyporrel. Hierdie geluide word infraklank genoem en olifante kan dit kilometers ver hoor. Navorsing het bewys dat dit met dieselfde fisiese meganisme as menslike spraak of sang geproduseer word.

Die beeldmateriaal is deur Katie en André van Two-V Productions beskikbaar gestel. Teken in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Dit is slegs in Afrikaans beskikbaar en kan ook by winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin gevind word.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels