Natuurhoekie – Op reis in die Nasionale Krugerwildtuin

02/08/2022
| Deur Alana Bailey
Natuurhoekie_Kollig-copy-6

Deur Alana Bailey

Brandstof te duur? Vlugkaartjies te skaars? Kom toer saam deur die Nasionale Krugerwildtuin van die Malelanehek tot by Klipspringerkoppies, waar die unieke fauna en flora van dié streek op jou wag.

Daar is onder andere ontmoetings met ’n witrenoster, ’n vlakvark, ’n buffeltrop en ’n groep olifante. Impalalelies blom en verskeie soorte voëls laat ook van hulle hoor.

In die Krugerwildtun word sowat 2 000 soorte plante naas die 507 voël-, 147 soogdier-, 114 reptiel- en 49 visspesies aangetref.

Die beeldmateriaal is pas deur Katie en André van Two-V Productions op hulle You Tube-kanaal geplaas. Hartlike dank aan hulle vir pragtige video’s! Teken asseblief in op dié kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word en is ook weer in die winkels in ruskampe van die Nasionale Krugerwildtuin beskikbaar.

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels