Daar is sekere geure wat jou onmiddellik huis toe neem – al is “huis” duisende kilometers ver. Vir baie van ons mense wat oorsee woon, is dit juis kos wat herinneringe wakker maak, stories vertel en ’n gevoel van behoort skep. In hierdie uitgawe van Onderneming in die kollig stel ons ’n onderneming bekend wat presies dít doen: Met elke happie word ’n stukkie herinnering aan Suid-Afrika weer lewendig.
Hierdie week neem ons jou na die Verenigde Koninkryk, waar Braai Shack Restaurant die geleentheid bied om tuiskos so ver van die huis te kom proe.
Lees meer oor Braai Shack Restaurant
Braai Shack is ’n restaurant in familiebesit en geleë in Wolverton, Milton Keynes. Dit het ’n ontspanne, warme en verwelkomende atmosfeer. Ons is ’n gewisse gunstelingplek vir kliënte wat na ’n Suid-Afrikaanse koservaring op soek is, van wie baie hierheen kom om tuiskos so ver van die huis te kom proe. Braai Shack bied iets vir elkeen, van die viering van ’n spesiale geleentheid tot bloot net ’n briljante aandjie uit saam met vriende.

Ondernemings soos Braai Shack Restaurant wys hoe ons mense hul kultuur, vaardighede en entrepreneursgees saamneem, waar hulle ook al wortelskiet. Dit is juis hierdie stories van aanpas, bou en bydra wat die Wêreldgids so waardevol maak – ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings mekaar vind en ondersteun, ongeag landsgrense.
Het jy ook ’n onderneming oorsee, of ken jy een wat verdien om raakgesien te word?
Registreer dit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids en word deel van ’n groeiende netwerk wat gehalte, diens en identiteit wêreldwyd sigbaar hou.
Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za – ons hoor graag jou storie!
Deel op
"*" indicates required fields
Nuutste artikels



















