Wanneer musiek die verlange verwoord
Vir baie ekspats leef daar twee wêrelde gelyk in een hart – die lewe wat jy nou bou, en die…

Vir baie ekspats leef daar twee wêrelde gelyk in een hart – die lewe wat jy nou bou, en die…
Elke onderneming het ’n storie – een van moed, drome en ’n bietjie Suid-Afrikaanse vasberadenheid. Wanneer mense hul tasse pak…
Uit en tuis is ’n rubriek waar ons gesels met mense wat tans oorsee woon, of wat vroeër daar gebly…
Deur Elsa Silke Kom saam met Rocco op ‘n interaktiewe slaaptyd-avontuur! Ses tonele wat verander en rymteks sorg dat kleintjies hulle…
Deur Elsa Silke Só maak ons ‘n goor dag beter! Hierdie interaktiewe kartonboek maar dit lekker om oor emosies en…
Uit en tuis is ’n rubriek waar ons gesels met mense wat tans oorsee woon, of wat vroeër daar gebly…
Deur Marthinus Koekemoer Afrikaners in Dubai en vyf stede in Europa kan uitsien na heerlike Afrikaanse musiek wanneer Afrikaans is Lekker oor…
Elke onderneming het ’n storie – een van moed, drome en ’n bietjie Suid-Afrikaanse vasberadenheid. Wanneer mense hul tasse pak en nuwe horisonne aandurf, pak hulle ook hul kreatiwiteit, hul kultuur en hul passie in. AfriForum Wêreldwyd glo dat dié stories verdien om vertel te word. Met ons Onderneming in die Kollig-reeks vier ons week na week die Suid-Afrikaanse ondernemings wat dwarsoor die wêreld hul eie stukkie “tuis” skep – waar taal, hart en diens steeds hand aan hand loop.
Hierdie week neem ons jou na Nieu-Seeland, waar Bushveld Kiwi alles wat jy nodig het, onder een dak bied.
Bushveld Kiwi is jou Suid-Afrikaanse tuiste in die buiteland. Biltong, droëwors, kruideniersware en vleissoorte wat die SA-smaak na NZ bring. Bring die bosveld na jou agterplaas.
Ontdek waarom François Bloemhof een van die mees geliefde spanningskrywers is met hierdie lekker omnibus wat twee van sy gewildste verhale bevat. In Die speletjie laai Wouter ‘n dodelike rekenaarspeletjie af . . . Noudat die speletjie sy naam het, en mense begin sterf, is daar net een uitweg: speel, of word die volgende slagoffer. In Die vrou met die pers oog moet Chris en Martie in hul nuwe skool aanpas. Maar hul nuwe maats is vreemd en die biblioteekjuffrou het ’n donker geheim . . .
‟Uit en tuis” is ’n rubriek waar ons gesels met mense wat tans oorsee woon, of wat vroeër daar gebly en gewerk het. Hierdie week gesels ons met Louis de Klerk en sy vrou Louna wat in Australië woon.
Hallo, Louis en Louna. Dit is heerlik om met julle te gesels!
Van waar in Suid-Afrika is julle oorspronklik en hoekom het julle besluit om na Australië te emigreer?
Ons het in die Paarl gewoon. Ek (Louis) het in Wellington grootgeword en Louna in die Paarl. Ons het mekaar ses jaar gelede ontmoet en ’n paar maande later getrou. Ons albei was slagoffers van die Covid-resessie en het ons werk in daardie tyd verloor. Louna kon nie werk kry as onderwyser nie, en ek kon nie vaste werk kry nie en moes op kontrakwerk staatmaak. Ons het bitter swaar gekry en moes begin kyk na ander opsies om vir onsself en ons kinders te voorsien.
End of content
End of content
