Onderneming in die kollig: Kuland Trading

19/05/2026
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Kuland Trading

Elke onderneming het ’n storie – een van moed, drome en ’n bietjie Suid-Afrikaanse vasberadenheid. Wanneer mense hul tasse pak en nuwe horisonne aandurf, pak hulle ook hul kreatiwiteit, hul kultuur en hul passie in. AfriForum Wêreldwyd glo dat dié stories verdien om vertel te word. Met ons Onderneming in die Kollig-reeks vier ons week na week die Suid-Afrikaanse ondernemings wat dwarsoor die wêreld hul eie stukkie “tuis” skep – waar taal, hart en diens steeds hand aan hand loop.

Hierdie week neem ons jou na Kanada, waar Kuland Trading vir jou sport- en buiteluggoedere van hoë gehalte bied, van kwaliteitskoene tot uitsonderlike optiese toerusting vir gewere, teen bekostigbare pryse.

Ons missie is om Suid-Afrika se beste leefstyl- en buitelugprodukte aan die Kanadese mark bekend te stel terwyl ons volledige kliëntetevredenheid verseker met elke aankoop.

Hierdie produkte is ontwerp vir akkuraatheid, gemak en jou alledaagse leefstyl, met ’n tikkie Suid-Afrikaanse erfenis.

Ondernemings soos Kuland Trading wys hoe ons mense hul kultuur, vaardighede en entrepreneursgees saamneem, waar hulle ook al wortelskiet. Dit is juis hierdie stories van aanpas, bou en bydra wat die Wêreldgids so waardevol maak – ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings mekaar vind en ondersteun, ongeag landsgrense.

Het jy ook ’n onderneming oorsee, of ken jy een wat verdien om raakgesien te word?
Registreer dit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids en word deel van ’n groeiende netwerk wat gehalte, diens en identiteit wêreldwyd sigbaar hou.

Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za – ons hoor graag jou storie!

Kontak Kuland Trading

Klik hier om Kuland Trading se Facebook-blad te besoek.
Klik hier om Kuland Trading op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Deel op

Nuutste artikels