Onderneming in die kollig: Bravo Braai

30/06/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Bravo Braai

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.

Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind. Hierdie week val die kollig op Bravo Braai – ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.

Bravo Braai is geleë in Dubai, in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE). Ons bring Suid-Afrika na die VAE.

Lees meer oor Bravo Braai

Ons missie:

Ons streef daarna om die beste moontlike diens en ervaring aan ons kliënte te bied deur hoëgehalteprodukte en uitsonderlike kliëntediens te lewer wat geanker is in eerlike en deursigtige beginsels.

Ons geleenthede:

Die geleenthede wat ons aanbied fokus daarop om topvermaak na die VAE te bring – van musikante, komediante en DJ’s tot professionele en amateursjefs en kampkenners.

Ons produkte:

Ons bied ’n steeds groeiende reeks hoëgehalte buitelugkooktoerusting (vir braai) en produkte wat ontwerp is om aan die behoeftes van ons kliënte te voldoen. Van kwaliteit sekelbosbraaihout, Namibiese houtskool en omgewingsvriendelike vuuraanstekers, tot braaistaanders, braaiputte, vuurputte en ander bykomstighede.

Met AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n dinamiese sakenetwerk nie; dit is ook ’n platform om ’n ondersteuningsnetwerk te vestig vir daardie dae wanneer die verlange na jou mense swaar op jou hart druk. Maak seker jou onderneming word op ons Wêreldgids gelys – klik op die skakel om deel te word van hierdie groeiende gemeenskap.

Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk – ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.

Kontak Bravo Braai

Klik hier om Bravo Braai se webtuiste te besoek.
Klik hier om Bravo Braai op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels