Onderneming in die kollig: Elzette’s Art Shop

21/10/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Elzette’s Art Shop

AfriForum Wêreldwyd se enig-in-sy-soort Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Die Wêreldgids maak die wêreld bietjie kleiner, maar jou netwerk groter. Ondernemings vanuit alle uithoeke van die aarde kan op die Wêreldgids opgespoor word. Selfs al gaan jy net op reis in die buiteland, is die Wêreldgids handig – inligting oor ambassades, gastehuise, restaurante en apteke is tot jou beskikking.

Die Wêreldgids spog met 40 kategorieë van ondernemings en diensverskaffers van regoor die wêreld. Hierdie week se kollig val op Elzette’s Art Shop in Victoria, Australië. Elzette’s Art Shop is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.

Lees meer oor Elzette’s Art Shop

Ek is ’n visuele kunstenaar wat vir meer as 25 jaar in die kreatiewe bedrywe van grafiese ontwerp, advertensiewese en illustrasie werk. Gebore en getoë in Suid-Afrika het ek my Baccalaureus in Inligtingsontwerp en honneurs in Visuele Kommunikasie aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Ek het vir ’n paar jaar in Johannesburg en Kaapstad gewerk voor ek in 2002 na Australië geëmigreer het.

Ek het myself as ’n vryskutkunstenaar in Melbourne gevestig en werk op ’n uiteenlopende reeks projekte van korporatiewe handelsmerk, tot gemeenskapsinisiatiewe en kunskommissies. Nadat ek in 2009 ’n ma geword het, het ek hoofsaaklik op vryskutkunsprojekte gefokus, nie net vir ’n inkomste nie, maar ook om voort te gaan om my illustrasieportefeulje uit te brei wat op drukwerk en produkte toegepas kan word.

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei: Gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys.


Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Klik hier om Elzette’s Art Shop se webtuiste te besoek.

Klik hier om Elzette’s Art Shop op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Lees ook: Onderneming in die kollig: Trayon Campers

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
Hidden
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels