Onderneming in die kollig: Oh-lief Natural Products – Nederland
AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.
Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind. Hierdie week val die kollig op Oh-lief Natural Products – Nederland, ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.
Oh-lief Natural Products – Nederland is in Amsterdam geleë.
Oh lief is in 2010 deur die sussies Christine Kühn en Louiza Rademan gestig as ’n blyk van hul liefde vir die natuur en ’n begeerte om produkte te maak wat nie jou vel of die omgewing sal beskadig nie.

Lees meer oor Oh-lief Natural Products – Nederland
Oh-lief se naam verwys na olyfolie, wat die hoofbestanddeel van al hul produkte is, en na hul liefde vir alles wat natuurlik is. Lief is ’n Afrikaans woord wat hul liefde vir die organiese, die natuur en jou vel vooropstel. Ons is gek oor ons basis van olyfolie en byewas, wat ons met die natuurlike eienskappe van ’n rits organiese kombineer om ’n volledige reeks produkte te skep wat ideaal is vir alle veltipes. Produkte word ontwerp om skoon kosmetiese produkte te maak wat geen fel chemiese produkte, kunsmatige geur- en kleurstowwe, petroleum, parabene of sintetiese basisse bevat nie.
Christine het grootgeword in ’n huis waarin groen en organies gewaardeerde beginsels was. Sy het dus begin om konvensionele babaprodukte te bevraagteken toe sy swanger geraak het met Liam, haar eerste seuntjie. In haar poging om ’n velsorgreeks te vind wat sy tydens jaar swangerskap kon gebruik (sy was nie tevrede met skadelike produkte nie), het Christine en Louiza besluit om ’n nuwe reeks natuurlike en organiese baba- en babasorgprodukte te ontwerp. Dit het tot vele nuwe en opwindende produkte in hul reeks gelei, onder meer sonsorgprodukte.
Die resultaat is Oh-lief se volledige reeks gesertifiseerde natuurlike en organiese baba-, lyf- en sonsorgprodukte wat van 100% natuurlike en organiese rou bestanddele gemaak is wat plaaslik opgespoor word.
Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd seWêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net té ver weg is.
Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk. Ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.



















