Onderneming in die kollig: Sakatia Lodge

07/07/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Onderneming in die kollig: Sakatia Lodge

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids bring Suid-Afrikaanse ondernemings van oor die wêreld met mekaar in aanraking. Dit brei jou netwerk uit en laat die wêreld ’n bietjie kleiner voel. Hierdie platform bied toegang tot ’n diverse verskeidenheid ondernemings, van restaurante en gastehuise tot noodsaaklike diensverskaffers. Dit is ’n handige metgesel, selfs wanneer jy op reis is.

Onder die meer as 40 kategorieë kan jy met gemak die regte diensverskaffer vind. Hierdie week val die kollig op Sakatia Lodge – ’n trotse bydraer tot die Wêreldgids.

Sakatia Lodge is weggesteek op ’n eiland noordwes van Madagascar. Ons is ’n familiebestuurde lodge en glo dat ’n hartlike verwelkoming en vriendelike atmosfeer jou vakansie spesiaal maak. Ons plek staan vir niks terug nie, en is regs langs die Heilige Berg en ’n groenseeskilpadreservaat. Ons eiland het geen paaie nie, maar pragtige natuurskoon. Ons bied jou ontspanning en ’n ware wegbreek, maar met toegang tot ’n legio aktiwiteite op Nosy Sakatia en interessante daguitstappies na ander eilande.  

Met AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n dinamiese sakenetwerk nie; dit is ook ’n platform om ’n ondersteuningsnetwerk te vestig vir daardie dae wanneer die verlange na jou mense swaar op jou hart druk. Maak seker jou onderneming word op ons Wêreldgids gelys – klik op die skakel om deel te word van hierdie groeiende gemeenskap.

Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk – ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.

Kontak Sakatia Lodge

Klik hier om Sakatia Lodge se webtuiste te besoek.
Klik hier om Sakatia Lodge op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Het jy ’n gastehuis, Airbnb of lodge in die buiteland of het jy by een gebly wat deur Suid-Afrikaners bestuur of besit word?

Lees ook: Onderneming in die kollig: Bravo Braai – AfriForum Wêreldwyd

Deel op

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form

Nuutste artikels