Dit is nie maklik om in ’n nuwe land aan te pas nie. Alles voel vreemd en onbekend, en selfs iets so eenvoudig soos om jou geliefde Suid-Afrikaanse produkte op te spoor kan ’n avontuur op sigself wees. Jy hoef dit egter nie alleen te doen nie: AfriForum Wêreldwyd is hier om te help.
Ons Wêreldgids is enig in sy soort: ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaar kom om ’n gevoel van gemeenskap te skep en waar jy weer kan voel jy behoort.
Of jy nou op soek is na Afrikaanse kerkdienste, jou gunsteling- Suid-Afrikaanse lekkernye of professionele mense wat in Afrikaans met jou oor finansiële, mediese of regskwessies kan gesels, ons gids wys vir jou waar om te begin.
Elke week plaas die AfriForum Wêreldwyd-span een van die ondernemings in die gids in die kollig. Hierdie week kyk ons na South African Market SK, geleë in Saskatchewan, Kanada. South African Market SK is ’n trotse en smaaklike bydraer tot die Wêreldgids!
Die GROOTSTE jaarlikse Suid-Afrikaanse fees in Kanada, net hier op Saskatchewan se grasvlaktes!

Lees meer oor South African Market SK
Jy word uitgenooi om by ons aan te sluit vir die jaarlikse South African Market SK in Saskatoon! Kom en beleef ’n ontploffing van uiteenlopende kos, kultuur en aktiwiteite wat werklik ’n SMAAK VAN HUIS is!
Ons is ook opsoek na Suid-Afrikaners wat verkopers by die South African Market SK in Saskatoon wil wees. Indien jy ’n bakker, ’n maker, of ’n skepper is, dan wil ons van jou hoor. Dit is waar jy jou talente met die hele Kanada kan deel!
As jy nie bak, of maak, of skep nie maar deel van hierdie ervaring wil wees, laat ons weet. Ons soek vrywilligers op die dag en baie kopers!
Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd seWêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net té ver weg is.
Registreer jou onderneming op die Wêreldgids en vertel ons van jou netwerk. Ons hoor graag van jou by wereldwyd@afriforum.co.za. Laat weet ons gerus van jou gunsteling- plaaslike onderneming of jou ervarings in die buiteland.



















