Daar is sekere geure wat jou onmiddellik huis toe neem – al is “huis” duisende kilometers ver. Vir baie van ons mense wat oorsee woon, is dit juis kos wat herinneringe wakker maak, stories vertel en ’n gevoel van behoort skep. In hierdie uitgawe van Onderneming in die kollig stel ons ’n onderneming bekend wat presies dit doen: met elke happie word ’n stukkie Suid-Afrika weer lewendig.
Hierdie week neem ons jou na die Verenigde Koninkryk, waar This is Biltong jou sal voorsien van biltong, droëwors en chilli bites soos dit behoort te wees.
The Biltong Factory – This is Biltong se Suid-Afrikaanse eweknie – is reeds bekend vir sy topgehalteprodukte, waarvan hy elke maand tonne produseer.
Lees meer oor This is Biltong
This is Biltong sal aanvanklik die drie vernaamste Suid-Afrikaanse droëvleisprodukte verskaf, naamlik biltong, droëwors en chilli bites, en volgens dieselfde standaarde wat vir sy Suid-Afrikaanse eweknie, The Biltong Factory, al 23 jaar van sukses gebring het. Al ons produkte sal van Britse grasgeproduseerde beesvleis gemaak word. Ons vleis sal ook ten volle naspoorbaar wees en geen onnodige bymiddels bevat nie. Die speserye sal uit Suid-Afrika ingevoer word om vir jou die presiese geur en gehalte te bied wat by The Biltong Factory in Suid-Afrika geproduseer word.

Ondernemings soos This is Biltong wys hoe ons mense hul kultuur, vaardighede en entrepreneursgees saamneem, waar hulle ook al wortelskiet. Dit is juis hierdie stories van aanpas, bou en bydra wat die Wêreldgids so waardevol maak – ’n plek waar Suid-Afrikaanse ondernemings mekaar vind en ondersteun, ongeag landsgrense.
Het jy ook ’n onderneming oorsee, of ken jy een wat verdien om raakgesien te word?
Registreer dit op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids en word deel van ’n groeiende netwerk wat gehalte, diens en identiteit wêreldwyd sigbaar hou.
Kontak ons by wereldwyd@afriforum.co.za – ons hoor graag jou storie!
Deel op
Nuutste artikels



















