deur Marinda Engelbrecht
Kook saam Marinda Engelbrecht.
Bestanddele
- 500 ml meel
- 10 ml bakpoeier
- 125 ml botter
- 2 eiers geklits
- 70 ml melk
- Knippie sout
- 250 ml fyn appelkooskonfyt
Sous
- 500 ml kookwater
- 250 ml suiker
- 40 ml botter
Metode
- Sif die sout, meel en bakpoeier saam en vryf die botter met jou vingers in totdat dit soos nat sand lyk
- Voeg die eiers en net genoeg melk by om ‘n stywe deeg te maak
- Rol die deeg lank uit en smeer konfyt oor. Rol dit op soos ‘n rolkoek.
- Sny in ringetjies
- Meng die bestanddele vir die sous en gooi helfte onder in ‘n oondbak. Plaas die ringetjies op die sous. Gooi nou die ander sous bo-oor die deeg.
- Bak vir 60 minute by 180C
Deel op
Nuutste artikels