Spoegwolf gaan Nieu-Seeland en Australië rock in eksklusiewe konserte

26/09/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Spoegwolf 2025

Spoegwolf, die gewilde Afrikaanse rockgroep, betree met groot opwinding weer die internasionale verhoog met ’n reeks konserte in Nieu-Seeland en Australië. Afrikaanse musiekliefhebbers in Nieu-Seeland en Australië kan uitsien na ’n onvergeetlike ervaring wanneer Spoegwolf binnekort hul kenmerkende klank na Wellington, Auckland en Brisbane bring.

Die konserte is moontlik gemaak deur SA Events in samewerking met AfriForum Wêreldwyd. Hierdie konserte bied ’n unieke geleentheid vir Suid-Afrikaners in die buiteland om ’n stukkie van hul kultuur en musiek te geniet met ’n tikkie heimwee.

Spoegwolf, wat bekend is vir hul treffende lirieke en kragtige verhoogoptredes, het nie net lojale aanhangers in Suid-Afrika nie, maar ook wêreldwyd!

Die amptelike toerdatums is:

  • 10 Oktober 2025 – Wellington
  • 11 Oktober 2025 – Auckland
  • 12 Oktober 2025 – Brisbane

SA Events en AfriForum Wêreldwyd is verheug om hierdie toer te ondersteun en sien dit as ’n manier om die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die buiteland bymekaar te bring.

“AfriForum Wêreldwyd tree met trots op as die borg vir hierdie spesiale konsertreeks. Ons sien daarna uit om die Suid-Afrikaanse gemeenskap in Nieu-Seeland en Australië byeen te bring vir ’n onvergeetlike reeks konserte. Ons is toegewy aan die skep van geleenthede waar ons mense in die buiteland saam kan kom, in voeling kan bly met hul kultuur en nuwe herinneringe kan skep,” sê Sue-Ann de Wet, AfriForum se hoof van Diaspora.

Volgens Arno Nel, eienaar van South African Events en organiseerder van hierdie reeks musiekvertonings, is South African Events verheug om dié talentvolle rockgroep na Australië en Nieu-Seeland te neem. “Ons is trots daarop om hierdie musikale hoogtepunt aan te bied en is vasbeslote om ’n onvergeetlike ervaring vir die gehore te skep,” sê Nel.

Moenie die geleentheid misloop nie! Koop jou kaartjies by: www.southafricanevents.com. Vir meer inligting oor Spoegwolf se toer en ander relevante inligting, besoek gerus South African Events se webtuiste, of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.

Gaan teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie en op hoogte bly van ander byeenkomste in die buiteland!

Deel op

Nuutste artikels