Suid-Afrikaanse fees te Saskatchewan, in die hartjie van Kanada

27/08/2024
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Suid-Afrikaanse fees te Saskatchewan, in die hartjie van Kanada

Saamgestel deur Chandré du Plessis

Saskatchewan is ’n provinsie in die hartjie van Kanada. Reg in die middel. Sy grense strek van Kersvader se voorstoep af tot teen Noord-Dakota in die VSA. In die winter beleef ons dae wat tot so koud as -45 °C kan word. Ons somers is heerlik en temperature kan styg tot 35 °C. Die provinsie is boerderygedrewe en die goudgeel kanolalande is iets besonders om te aanskou in die middel van die somer. Ons provinsie word die ”Land of Living Skies” genoem omdat ons gereeld die aurora borealis kan sien, maar in die volksmond noem ons Saskatchewan sommer die ”Kanadese Vrystaatvlaktes” omdat dit so plat is.

Dit is ’n gesellige geleentheid, kleurvolle vlaggies wapper in die wind en die parkeerterrein is propvol karre. Woorde soos “Sawubona”, “Yebo” en “Dumela” heet jou behoorlik welkom by die ingang. Onder die groot “South African Market Welcome!”-banier begroet Afrikaanse mense jou, neem die toegangsfooi en plak ’n stempel op jou hand. Dis opvallend hoe vriendelik die mense is, almal lag en gesels en Afrikaanse musiek kan in die verte gehoor word. Kinders speel en lag en ’n ”Hallo, oom” of ”Dankie, tannie” maak sommer jou dag!

Die eerste ry stalletjies is kosstalletjies. Die kosgeure en -reuke vul jou neus en jou hart en mens kan nie help om nostalgies te raak nie. Treffer op treffer uit die gazebo-kombuise word disse wat in bakkies en sakkies bedien word. Kerrie en rys, vetkoeke, jaffels, pannekoek, pampoenkoekies, “bunny chows”, sosaties, boerewors, roosterkoek, pap-en-kaiings en vele meer. Die handgemaakte dekor en allerlei stalletjies stel ook nie teleur nie. Die vlytige vingers van ’n kreatiewe gemeenskap het pragtige ontwerpe gemaak. Van proteakussingslope tot Afrika-motief-oorbelle, van braaiborde tot braaiers, draadkarre en skopfietse, eetgerei, pottebakkery en welkom-matjies vir jou voordeur. Die kuns en kreatiwiteit van Suid-Afrikaners ken geen perke nie. Mense neem deel van so ver as Manitoba en Alberta en slaap oor net om deel te wees van hierdie unieke jaarlikse kuierfees.

Die tafels het weereens gekreun onder die koeksisters, melkterte, beskuit en sjokoladekoeke. Die biltong, droëwors, boerewors en beesstert het menige koelboks gevul. Daar was ook ingelegde groente, blatjang, biltongspeserye, konfyt en al die soorte koekies wat jou hart begeer! Gesels mens met die organiseerders van die mark, sal jy agterkom dat niemand so baie mense verwag het by die eerste mark nie. “Ons wat stalletjies gehad het, het gedink as niemand opdaag nie, dan koop ons maar by mekaar, maar kom ons hoop 200 mense daag op. Wat ’n verrassing toe daar 3 000 mense opdaag in Julie 2023 by die eerste mark. Ons het vinnig besef ons sal na ’n ander groter terrein moet soek as ons weer die geleentheid wil aanpak.” Vanjaar was dit selfs groter en beter met meer as 70 verkopers en ongeveer 5 000 besoekers. ’n Groot grasveld is omskep in drie areas, een area vir springkastele en glybane, een het boeresport gehuisves en op die ander een het die Gophers-rugbyklub van Saskatoon die jongspan geleer hoe om rugby te speel. ’n Teetuin het koffie, melktert en snye koek bedien. Die jaarlikse danskompetisie sorg vir groot pret. Op die ritme van Afrikaanse musiek dans mense hulle sorge weg en ’n allemintige $200-kontantprys vir die wenners maak die kompetisie ’n groot aantreklikheid.

Buiten die verwagte Suid-Afrikaners en Kanadese was daar ook besoekers uit lande soos Switserland, Ghana, Letland, Australië, Nederland en Iran. Daar was mense met Springboktruie, tradisionele Kaaps-Maleisiese drag, tradisionele Xhosa-krale het gepronk om die nekke van dames met groot glimlagte, klein seuntjies met kakieklere en vellies en nog vele meer. Kouse met Zoo-koekies-, Creme Soda- en Fizzer-motiewe was ’n speelse toevoeging tot die Suid-Afrikaners se reeds kleurvolle dag. Ek kom volgende jaar weer hierdie geleentheid bywoon. Die dag was fantasties georganiseer en die bestuurspan het hulle goed van hulle taak gekwyt. Die bemarking was fantasties, die terrein was tops en die organisering puik. ’n Kleurvolle dag soos hierdie kom ongelukkig ook tot ’n einde. Met nostalgiese denke en verlange in jou hart na jou huis, jou kultuur en jou mense, stap mens uit na jou motor toe, onder die borde wat ons vroeër so mildelik welkom geheet het.

Ons harte loop oor van die gemoedelikheid wat ons ervaar het, om saam met landgenote te kan kuier. Ons inkopiesakke en koelbokse is boepensvol van al die lekkernye waarna ons hunker en ons kinders het nuwe maats gemaak. Tot volgende jaar, Saskatoon!

Ons bestuurspan (v.l.n.r.): Chandré du Plessis – Kliëntskakeling, Sharon Rabie – Kliëntskakeling, Deirdre Norval – Bemarking en sameroeper, Ilzé Major – Finansies, en Philna Pretorius – Logistiek

Het jy geweet AfriForum Wêreldwyd bied ’n gratis diens waar jy enige (Suid-)Afrikaanse byeenkomste of feeste op ons platform kan bemark? Stuur gerus ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en laat weet ons van enige lekker Afrikaanse byeenkoms in die buiteland.

Deel op

Hoe lank woon jy al in die buiteland?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels