Toegewings oor belasting op buitelandse inkomste verwelkom – Kommer oor koste volhard 

21/09/2017
| Deur AfriForum Wêreldwyd
WERELDWYD-nuusbrief-Tax2-AFR2

Deur Amanda Visser

Die nuutste toegewings oor die belastinghantering van inkomste wat Suid-Afrikaners in die buiteland verdien, word verwelkom, maar kommer volhard oor die koste van indiensneming en die bykomende administratiewe las.

Volgens die toegewings gaan Suid-Afrikaners belastingvrystelling kry op die eerste R1 miljoen van hul buitelandse inkomste. Die datum waarop die nuwe belastinghantering in werking gaan tree, is met ’n jaar tot Maart 2020 uitgestel.

Die toegewings is gemaak na meer as 8 000 klagtes op sosiale media ontvang is. Die Nasionale Tesourie het ook sowat 1 300 formele voorleggings van maatskappye en individue ontvang oor die aanvanklike plan om die vrystelling te skrap. Die aanvanklike voorstel is in Julie se Konsepwysigingswetsontwerp op Belasting (draft Taxation Laws Amendment Bill) aangekondig. Die Tesourie het laas week (Donderdag 14 September) sy nuwe gewysigde voorstel tydens ’n sessie van die parlementêre staande komitee oor finansies bekend gemaak.

Patricia Williams, belastingvennoot van die regsfirma Bowmans, sê die R1 miljoen vrystelling gaan baie Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk heeltemal uit die Suid-Afrikaanse inkomstenet neem. “Normaalweg sal iemand wat R1 miljoen inkomste verdien, op 41% daarvan belas word, en die belastingkoers kan tot 45% verhoog as die inkomste bo R1,5 miljoen is.”

Die gewysigde voorstel beteken dat die eerste R1 miljoen nou vrygestel word, en dan tree die belastingglyskaal op die res van die inkomste in werking. Die glyskaal begin op 18% vir inkomste bo R75 750 tot by R189 880. “Die nuwe voorstel oor die buitelandse inkomste vrystelling gaan in werklikheid net hoë-inkomsteverdieners raak, en ook net diegene wat nie hul belastingstatus voor 1 Maart 2020 – wanneer die voorstel in werking tree – kan verander nie.”

Sy sê dit is nie so moeilik vir Suid-Afrikaners om hul belastingstatus te verander nie as hulle in lande werk wat tans dubbelbelastingooreenkomste (double tax treaties) met Suid-Afrika het. Daar is egter ’n kapitaalwinsbelastingkoste ten opsigte van wêreldwye bates. Dit sluit nie Suid-Afrikaanse vaste eiendom en persoonlike gebruiksbates soos privaat motors, bote of woonwaens in nie.

Die Nasionale Tesourie het in sy voorlegging aan die staande komitee toegegee dat die algehele skrapping van die vrystelling ’n ernstige negatiewe finansiële uitwerking kan hê op Suid-Afrikaners wat laer inkomstes in die buiteland verdien.

Erika de Villiers, hoof van belastingbeleid by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belastingbesroepslui, sê die vergoedingspakkette vir Suid-Afrikaners wat veral in sekere Afrikalande werk, is hoog vanweë bykomende byvoordele soos veiligheid- en sekuriteitstoelae, toelae vir behuising, vliegkaartjies na Suid-Afrika en internasionale skole vir kinders. “As die hoër salaris en al die voordele in ag geneem word, dan word R1 miljoen vinnig opgeneem. In baie gevalle word die belastinggelykmaking (bykomende belastingkoste in die buiteland) deur die werkgewer gedra, wat ook ’n belasbare byvoordeel is.”

De Villiers sê die verhoogde belastinglas gaan indiensnemingkoste verhoog. Dit kan hul mededingendheid nadelig beïnvloed. “Verskillende maatskappye wêreldwyd ding mee vir groot projekte in Afrikalande en projekkoste is ’n belangrike oorweging.  Die winsgewendheid van langtermynprojekte wat reeds aan die gang is, kan ook nadelig geraak word.”

De Villiers sê die feit dat belastingbetalers onderhewig kan wees aan werknemersbelasting in twee belastingjurisdiksies op dieselfde inkomste, gaan ’n ernstige invloed op kontantvloei hê. Die dubbelbelasting kan eers reggestel word as die belastingbetaler die krediet met sy jaarlikse belastingopgawe terugeis. Die feit dat die Tesourie mense aanbeveel om vir ’n ontberingsaanwysing (hardship directive) aansoek te doen, bied weinig verligting. De Villiers sê dit is nog ’n uitgerekte en omslagtige proses wat die administratiewe las op belastingbetalers gaan verhoog. Sy sê daar behoort ’n wetswysiging gemaak te word waar daar outomatiese verligting gegee word in gevalle waar werknemerbelasting dubbel afgetrek word.

Die kredietstelsel wat in die toekoms deur langtermynkontrakteurs gebruik moet word om hul dubbelbelastinglas reg te stel, is volgens die Tesourie “funksioneel”. Beatrie Gouws, ondervoorsitter van SAIT se persoonlike belastingkomitee, sê daar gaan ʼn beduidende toename in belastingbetalers wees wat van die stelsel gebruik gaan maak. Die kredietstelsel vereis van belastingbetalers om te kan bewys dat hulle wel belasting in die buiteland betaal het. Gouws sê daar is baie lande wat geen dokumentêre bewys gee dat Suid-Afrikaners wel belasting in hul land betaal het nie. Daar sal sekere reëls in werking gestel moet word om te verhinder dat mense dubbel belasting betaal.

Sy sê in die lig van die swak prestasie van die rand teenoor ander eenhede en die belastinggelykmaking wat sal moet plaasvind, gaan die R1 miljoen vrystelling nie ʼn groot impak maak in die toekomstige koste van indiensneming nie. Dit is kommerwekkend, sê sy.

Deel op

Watter taal praat jy by die huis?
Naam en van
+27(Suid-Afrika)
+93 (Afghanistan)
+355 (Albanië)
+213 (Algerië)
+376 (Andorra)
+244 (Angola)
+-267 (Antigua en Barbuda)
+54 (Argentinië)
+374 (Armenië)
+61 (Australië)
+43 (Oostenryk)
+994 (Azerbeidjan)
+-241 (Bahama-eilande)
+973 (Bahrein)
+880 (Bangladesh)
+-245 (Barbados)
+375 (Wit-Rusland)
+32 (België)
+501 (Belize)
+229 (Benin)
+975 (Bhutan)
+591 (Bolivia)
+387 (Bosnië en Herzegovina)
+267 (Botswana)
+55 (Brasilië)
+673 (Brunei)
+359 (Bulgarye)
+226 (Burkina Faso)
+257 (Burundi)
+238 (Kaap Verde)
+855 (Kambodja)
+237 (Kameroen)
+1 (Kanada)
+236 (Sentraal-Afrikaanse Republiek)
+235 (Tsjad)
+56 (Chili)
+86 (China)
+57 (Colombia)
+269 (Komore)
+243 (Demokratiese Republiek Kongo)
+242 (Republiek Kongo)
+506 (Costa Rica)
+385 (Kroasië)
+53 (Kuba)
+357 (Ciprus)
+420 (Tsjeggië)
+45 (Denemarke)
+253 (Djiboeti)
+-766 (Dominica)
+-808 (Dominikaanse Republiek)
+593 (Ecuador)
+20 (Egipte)
+503 (El Salvador)
+240 (Äquatoriaal-Guinee)
+291 (Eritrea)
+372 (Estland)
+268 (Eswatini)
+251 (Ethiopië)
+679 (Fidzi)
+358 (Finland)
+33 (Frankryk)
+241 (Gabon)
+220 (Gambië)
+995 (Georgië)
+49 (Duitsland)
+233 (Ghana)
+30 (Griekeland)
+-472 (Grenada)
+502 (Guatemala)
+224 (Guinee)
+245 (Guinee-Bissau)
+592 (Guyana)
+509 (Haïti)
+504 (Honduras)
+36 (Hongarye)
+354 (Ysland)
+91 (Indië)
+62 (Indonesië)
+98 (Iran)
+964 (Irak)
+353 (Ierland)
+972 (Israel)
+39 (Italië)
+-875 (Jamaika)
+81 (Japan)
+962 (Jordanië)
+7 (Kasakstan)
+254 (Kenia)
+686 (Kiribati)
+850 (Noord-Korea)
+82 (Suid-Korea)
+383 (Kosovo)
+965 (Koeweit)
+996 (Kirgisië)
+856 (Laos)
+371 (Letland)
+961 (Libanon)
+266 (Lesotho)
+231 (Liberia)
+218 (Libië)
+423 (Liechtenstein)
+370 (Litauen)
+352 (Luxemburg)
+261 (Madagaskar)
+265 (Malawi)
+60 (Maleisië)
+960 (Maledive)
+223 (Mali)
+356 (Malta)
+692 (Marshall-eilande)
+222 (Mauritanië)
+230 (Mauritius)
+52 (Mexiko)
+691 (Mikronesië)
+373 (Moldowa)
+377 (Monaco)
+976 (Mongolië)
+382 (Montenegro)
+212 (Marokko)
+258 (Mosambiek)
+95 (Mianmar)
+264 (Namibië)
+674 (Nauru)
+977 (Nepal)
+31 (Nederland)
+64 (Nieu-Seeland)
+505 (Nicaragua)
+227 (Niger)
+234 (Nigerië)
+389 (Noord-Masedonië)
+47 (Noorweë)
+968 (Oman)
+92 (Pakistan)
+680 (Palau)
+507 (Panama)
+675 (Papoea-Nieu-Guinee)
+595 (Paraguay)
+51 (Peru)
+63 (Filipyne)
+48 (Pole)
+351 (Portugal)
+974 (Katar)
+40 (Roemenië)
+7 (Rusland)
+250 (Rwanda)
+-868 (Saint Kitts en Nevis)
+-757 (Saint Lucia)
+-783 (Saint Vincent en die Grenadine)
+685 (Samoa)
+378 (San Marino)
+239 (Sao Tomé en Principe)
+966 (Saoedi-Arabië)
+221 (Senegal)
+381 (Serwië)
+248 (Seychelle)
+232 (Sierra Leone)
+65 (Singapoer)
+421 (Slowakye)
+386 (Slovenië)
+677 (Salomonseilande)
+252 (Somalië)
+27 (Suid-Afrika)
+211 (Suid-Sudan)
+34 (Spanje)
+94 (Sri Lanka)
+249 (Soedan)
+597 (Suriname)
+46 (Swede)
+41 (Switserland)
+963 (Sirië)
+886 (Taiwan)
+992 (Tadjikistan)
+255 (Tanzanië)
+66 (Thailand)
+670 (Timor-Leste)
+228 (Togo)
+676 (Tonga)
+-867 (Trinidad en Tobago)
+216 (Tunisië)
+90 (Turkye)
+993 (Turkmenistan)
+688 (Tuvalu)
+256 (Oeganda)
+380 (Oekraïne)
+971 (Verenigde Arabiese Emirate)
+44 (Verenigde Koninkryk)
+1 (Verenigde State)
+598 (Uruguay)
+998 (Oesbekistan)
+678 (Vanuatu)
+379 (Vatikaanstad)
+58 (Venezuela)
+84 (Viëtnam)
+967 (Jemen)
+260 (Zambië)
+263 (Zimbabwe)
(Suid-Afrika)
Afghanistan
Albanië
Algerië
Andorra
Angola
Antigua en Barbuda
Argentinië
Armenië
Australië
Oostenryk
Azerbeidjan
Bahama-eilande
Bahrein
Bangladesh
Barbados
Wit-Rusland
België
Belize
Benin
Bhutan
Bolivia
Bosnië en Herzegovina
Botswana
Brasilië
Brunei
Bulgarye
Burkina Faso
Burundi
Kaap Verde
Kambodja
Kameroen
Kanada
Sentraal-Afrikaanse Republiek
Tsjad
Chili
China
Colombia
Komore
Demokratiese Republiek Kongo
Republiek Kongo
Costa Rica
Kroasië
Kuba
Ciprus
Tsjeggië
Denemarke
Djiboeti
Dominica
Dominikaanse Republiek
Ecuador
Egipte
El Salvador
Äquatoriaal-Guinee
Eritrea
Estland
Eswatini
Ethiopië
Fidzi
Finland
Frankryk
Gabon
Gambië
Georgië
Duitsland
Ghana
Griekeland
Grenada
Guatemala
Guinee
Guinee-Bissau
Guyana
Haïti
Honduras
Hongarye
Ysland
Indië
Indonesië
Iran
Irak
Ierland
Israel
Italië
Jamaika
Japan
Jordanië
Kasakstan
Kenia
Kiribati
Noord-Korea
Suid-Korea
Kosovo
Koeweit
Kirgisië
Laos
Letland
Libanon
Lesotho
Liberia
Libië
Liechtenstein
Litauen
Luxemburg
Madagaskar
Malawi
Maleisië
Maledive
Mali
Malta
Marshall-eilande
Mauritanië
Mauritius
Mexiko
Mikronesië
Moldowa
Monaco
Mongolië
Montenegro
Marokko
Mosambiek
Mianmar
Namibië
Nauru
Nepal
Nederland
Nieu-Seeland
Nicaragua
Niger
Nigerië
Noord-Masedonië
Noorweë
Oman
Pakistan
Palau
Panama
Papoea-Nieu-Guinee
Paraguay
Peru
Filipyne
Pole
Portugal
Katar
Roemenië
Rusland
Rwanda
Saint Kitts en Nevis
Saint Lucia
Saint Vincent en die Grenadine
Samoa
San Marino
Sao Tomé en Principe
Saoedi-Arabië
Senegal
Serwië
Seychelle
Sierra Leone
Singapoer
Slowakye
Slovenië
Salomonseilande
Somalië
Suid-Afrika
Suid-Sudan
Spanje
Sri Lanka
Soedan
Suriname
Swede
Switserland
Sirië
Taiwan
Tadjikistan
Tanzanië
Thailand
Timor-Leste
Togo
Tonga
Trinidad en Tobago
Tunisië
Turkye
Turkmenistan
Tuvalu
Oeganda
Oekraïne
Verenigde Arabiese Emirate
Verenigde Koninkryk
Verenigde State
Uruguay
Oesbekistan
Vanuatu
Vatikaanstad
Venezuela
Viëtnam
Jemen
Zambië
Zimbabwe
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels