AfriForum gereed om regstappe te doen om eiendomseienaars teen onteiening deur RNE te beskerm

23/01/2025
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Grondonteiening

Die burgerregteorganisasie AfriForum het dit aan die regering duidelik gemaak dat die organisasie regstappe sal doen om private eiendomsreg te beskerm indien die regering eiendomme teiken vir onteiening sonder vergoeding. Dit kom nadat pres. Cyril Ramaphosa vandag die Onteieningswetsontwerp onderteken het, wat onteiening van private eiendom sonder vergoeding moontlik maak.

Met die ondertekening van hierdie wetsontwerp het die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) ’n wesenlike bedreiging vir die reg op private eiendom in die land moontlik gemaak. Net soos met die bedreiging van Afrikaanse onderrig deur die Bela-wet, is enige wet wat private eiendom tot niet wil maak ’n rooi lyn vir AfriForum. Die organisasie beoog om dit as sodanig te hanteer.

Volgens Ernst van Zyl, hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, het die RNE oorlog teen private eiendomseienaars verklaar met die ondertekening van hierdie wetsontwerp. “AfriForum sal alles in die stryd werp om burgers teen onteiening sonder vergoeding te beskerm. Dit wil voorkom asof AfriForum die laaste linie van verdediging is,” voeg van Zyl by.

“Die ondertekening van die Bela-wet en nou die Onteieningswetsontwerp, dui daarop dat die ANC in effek probeer om die RNE te gebruik om die voormalige opposisiepartye te koöpteer om die ANC te help om elkeen van sy vernietigende beleide deur te voer,” sluit Van Zyl af.

Ondersteun AfriForum se stryd teen onteiening by www.onteiening.co.za.

Deel op

Hoe hou jy Afrikaans taalvaardighede vir jouself en/of kinders lewendig?
Naam en van
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels